Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damvlakke in W-Kaap daal steeds, ondanks reën

Damvlakke in die Wes-Kaap het tot ’n gemiddeld van 35% gedaal, ondanks goeie reënval wat oor groot dele van die provinsie uitgesak het.

Teen Maandag het die gemiddelde damvlak die afgelope week van 36,4% tot 35,5% afgeneem. Verlede jaar dié tyd het dit op slegs 16,5% gestaan.

Die Voëlvleidam, tussen Gouda en Wellington. Foto: Samuel Walters

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het van 48,6% tot 47,8% gedaal – teenoor 20,4% verlede jaar.

By die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, is 6,7 mm reën oor die voorafgaande sewe dae gemeet en het die damvlak effens van 37,9% tot 37,4% afgeneem. Dié tyd verlede jaar was die dam slegs 10,1% vol.

By die Benede-Steenbrasdam is 13,1 mm reën gemeet en het die vlak van 43,6% tot 41,6% gedaal. By die Voëlvleidam is 14,2 mm gemeet en het die vlak van 59,6% tot 58,6% gedaal.

Verder is 20,8 mm reën by die Wemmershoekdam gemeet en het die vlak van 53% tot 51,1% gedaal.

Die Bergrivierdam se vlak het ook van 69,6% tot 68,6% gedaal, terwyl 12 mm reën aangeteken is.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 19,1% tot 16,1% gedaal. Verlede jaar dié tyd het dit op slegs 5,1% gestaan.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die stand van waterbronne

oor meeste van die provinsie bly bestendig, maar die Karoo bly ’n bron van kommer.

“Ná ons besoek aan die streek verlede week, het ons kennis geneem van die hoërisikogebiede, wat Beaufort-Wes, Laingsburg en Kannaland insluit. Die departement van plaaslike regering sal voortgaan om professionele steun en tegniese raad aan dié gebiede te bied solank as wat dit nodig is.”

Die provinsiale departement het in die afgelope boekjaar R82,5 miljoen op noodleniging bestee, wat die bystand aan boere en plaaswerkers deur die departement van landbou en steun van ander departemente uitsluit.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.Foto: Peter Abrahams/SON

In die Karoo het die vlak van die meeste damme gedaal en is minder as 4 mm reën oor die voorafgaande sewe dae gemeet.

By die Leeu-Gamkadam is slegs 0,2 mm reën gemeet en het die damvlak van 5,4% tot 4,5% afgeneem. By die Gamkadam naby Beaufort-Wes is 1 mm reën gemeet en het die vlak van 10% tot 9,7% gedaal.

Die Gamkapoortdam naby Prins Albert se vlak het van 5,8% tot 5,7% gedaal, terwyl dit dié tyd verlede jaar leeg was.

Die vlak van die Oukloofdam, ook naby Prins Albert, het egter die afgelope week van 8,4% tot 9% gestyg, terwyl dit verlede jaar op 0,49% gestaan het.

By die Kammanassiedam, tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp, is 3,4 mm reën gemeet en het die vlak slegs van 2,48% tot 2,42% gedaal.

By die Stompdriftdam naby Oudtshoorn is 4 mm reën gemeet en het die vlak van 9,31% tot 9,21% afgeneem.

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke effens gedaal en is reënval van tussen 5 mm en 10 mm by die groot damme gemeet.

By die Korentepoortdam naby Riversdal is 8,2 mm reën gemeet en het die vlak van 52,9% tot 52,7% gedaal.

By die Duiwenhoksdam naby Heidelberg is 6,8 mm reën aangeteken en het die vlak van 62,2% tot 60,7% gedaal.

Verder is 9,8 mm reën by die Ernest Robertson-dam, tussen George en Mosselbaai, gemeet en die vlak het van 100,1% tot 99,1% gedaal.

By die Wolwedansdam naby Mosselbaai is 8,2 mm reën gemeet en het die vlak slegs van 72% tot 71,2% gedaal.

By Roodefonteindam naby Plettenbergbaai is 10,2 mm reën aangeteken en die vlak het slegs van 91,5% tot 91,1% gedaal.

Daar is ook 7,8 mm reën by die Haarlemdam, suid van Uniondale, gemeet en die vlak het van 74,5% tot 73,3% gedaal.

* Teen Maandag om 08:00 het die Suid-Afrikaanse Weerdiens reënval bó 10 mm in die voorafgaande 24 uur in Knysna (29 mm), Ladismith (25 mm), Riversdal (16 mm), Stilbaai (13 mm) en Plettenbergbaai (11 mm) gemeet.

Reënval bó 5 mm is gemeet in Franschhoek (9 mm), Jonkershoek (8 mm), Hermanus en die Paarl (7 mm) en George, Riviersonderend en Struisbaai (6 mm).

Reënval bó 1 mm is gemeet in Swellendam en Grabouw (5 mm), Wellington, Villiersdorp, Robertson, Montagu, Oudtshoorn en Elim (4 mm), die Strand, Kaap Agulhas, Laingsburg, Porterville en Malmesbury (3 mm), Worcester, Ceres, Clanwilliam en Lambertsbaai (2 mm).

Damvlakke
Damvlakke

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.