Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damvlakke om Kaapstad begin styg

Damvlakke in die Suidwes-Kaap het die afgelope week verder gestyg ná goeie reën, terwyl die hele Wes-Kaap se gemiddelde damvlak effens van 33,1% tot 33,5% gestyg het.

In 2018 dié tyd was die provinsie se gemiddelde damvlak slegs 18,9%.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het teen Maandag van 45,4% tot 45,7% gestyg, teenoor 23,4% in die ooreenstemmende tydperk in 2018.

Die Voëlvleidam tussen Gouda en Wellington se vlak het die afgelope week van 54,8% tot 55,5% gestyg. Dit was dié tyd in 2018 slegs op 16,6%.Foto: Samuel Walters

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, verwelkom die styging in die damvlakke en doen ’n beroep op inwoners om hulle gereed te maak vir die “natter maande” wat verwag word.

Bredell maan Wes-Kapenaars ook om water verantwoordelik te gebruik, “ten spyte van ’n groter gevoel van gemak oor die huidige damvlakke in die provinsie”.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, se vlak het die afgelope week van 35,3% tot 35,5% gestyg en 4,1 mm reën is die voorafgaande sewe dae by die dam gemeet.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.Foto: Verskaf

In die ooreenstemmende tydperk in 2018 was dié dam net 14,7% vol.

Die Benede-Steenbrasdam se vlak het die afgelope week van 36,5% tot 38% gestyg en die Bergrivierdam van 68,3% tot 70%.

In die voorafgaande sewe dae is 12,8 mm reën by die Bergrivierdam gemeet.

Die Voëlvleidam se vlak het van 54,8% tot 55,5% toegeneem, terwyl die Wemmershoekdam se vlak effens gedaal het, van 42,3% tot 42,1%.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak gestyg van 9,4% tot 9,5%, terwyl dit in 2018 slegs op 6,4% gestaan het.

In die Karoo het damvlakke die afgelope week egter verder gedaal.

By die Floriskraaldam naby Laingsburg is 3,4 mm reën die voorafgaande sewe dae gemeet. Die huidige damvlak is 16,6% vergeleke met 2,3% in die ooreenstemmende tydperk.

By die Calitzdorpdam in die Klein-Karoo is 2,2 mm reën gemeet en het die vlak van 16,8% tot 15,5% gedaal.

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het van 43,6% tot 43,3% gedaal en die Gamkapoortdam naby Prins Albert se vlak van 25,4% tot 25%.

Albei damme was in die ooreenstemmende tydperk in 2018 leeg.

Water vloei verlede week na die Voëlvleidam, een van die ses groot opgaardamme wat water aan Kaapstad verskaf.Foto: Samuel Walters

Die Leeu-Gamkadam se vlak het van 0,7% tot 0,6% afgeneem teenoor 11,6% in die ooreenstemmende tydperk.

By die Kammanassiedam, tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp, is 2,4 mm reën gemeet en staan die vlak op 2,3%. By die Stompdriftdam naby Oudtshoorn is 2 mm gemeet en is die vlak 8,4%.

In die Suid-Kaap het die damvlakke ook gedaal terwyl reënval van 10 mm tot net onder 20 mm in die voorafgaande sewe dae by damme gemeet is.

By die Miertjieskraaldam naby Riversdal is 3,6 mm reën gemeet. Dit is net 0,13% vol teenoor 7,7% in die ooreenstemmende tydperk.

By die Korentepoortdam naby Riversdal is 17,4 mm reën gemeet en het die vlak van 57% tot 56,6% gedaal.

Die Duiwenhoksdam naby Heidelberg se vlak het van 65,2% tot 63,3% afgeneem en 11,2 mm reën is aangeteken.

Die Ernest Robertson-dam, tussen George en Mosselbaai, se vlak het van 89,7% tot 87,5% gedaal en 8 mm reën is gemeet.

By die Tuinroetedam naby George is 7,4 mm reën gemeet en het die vlak van 82,9% tot 79,1% afgeneem.

Die Haarlemdam, suid van Uniondale, se vlak het van 73,6% tot 72,6% gedaal en 3 mm reën is in die voorafgaande sewe dae gemeet.

Grafika24
Meer oor:  Anton Bredell  |  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Droogte  |  Reënval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.