Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Damvlakke te laag om water aan Makhanda te verskaf

Die Makhanda-munisipaliteit in die Oos-Kaap kan weens die nypende droogte nie meer water uit die Howiesonspoort- en Settlersdam pomp nie.

Dié damme, wat die westelike deel van Makhanda (Grahamstad) van water voorsien, is onderskeidelik 11,2% en 6,3% vol, lui ’n verklaring deur die munisipaliteit.

Anele Mjekula, munisipale woordvoerder, sê drie boorgate is aan die Waainek-watersuiweringsaanleg gekoppel.

Die boorgate kan egter ’n maksimum van 0,5 megaliter water per dag lewer.

Die res van die water word vanaf die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg aan inwoners verskaf.

Mjekula sê omdat geen water uit die damme gepomp kan word nie, moet dié watersuiweringsaanleg nou water aan die westelike en oostelike deel van Makhanda verskaf.

Om te verseker dat alle inwoners onder die omstandighede water het, gaan sommige inwoners lae waterdruk en onderbroke verskaffing ondervind.

“Die situasie sal voortduur totdat ons weer water uit die Howiespoort- of Settlersdam kan pomp. Ons sal eers water uit die damme kan pomp as dit gereën en die damvlakke herstel het.”

Inwoners word aangeraai om hul waterverbruik tot 25 liter per persoon per dag, en tot 100 liter per huishouding per dag te verminder.

Meer oor:  Makhanda (Grahamstad)  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.