Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Drakenstein verlaag waterperke, tariewe

Die Drakenstein-munisipaliteit gaan op 1 Oktober sy waterbeperkings tot vlak 5 verlaag, net soos die Kaapse metro.

Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van die Drakenstein-munisipaliteit.

Dit beteken inwoners sal 70 liter water per persoon per dag kan gebruik, in plaas van 50 liter.

Watertariewe sal terselfdertyd verlaag word.

Volgens die munisipaliteit sal dit steeds verbode wees om munisipale drinkwater vir tuine, waterfonteine, sportterreine en swembaddens te gebruik. Plaveisel en motors mag ook nie met munisipale water gewas word nie.

“Ons moedig ons gemeenskap aan om verantwoordelik te wees met ons kosbare water. Ons is nog nie uit die rooi nie en ons moet elke druppel bewaar sodat ons in die somer genoeg water het,” sê Conrad Poole, uitvoerende burgemeester van Drakenstein. Die vlakke van damme in die Wes-Kaap is ??tans 69,1%.

Die Paarl, Wellington, Gouda, Saron, Hermon en Simondium is deel van die munisipaliteit.

Die Paarl en Wellington kry die meeste van hul water uit die Wemmershoekdam. Die Drakenstein-munisipaliteit mag 7% en Kaapstad 93% van dié dam se inhoud gebruik. Gouda en Hermon kry hoofsaaklik water uit die Voëlvleidam en Saron uit fonteine in die omgewing.

Die nuwe watertariewe vir woonerwe in Drakenstein is:

  • 0 tot 6 kl: R7,17/kl
  • 6 kl tot 10 kl: R14,60/kl
  • 10 kl tot 15 kl: R20,87/kl
  • 15 kl tot 30 kl: R87,12/kl
  • 30 kl tot 50 kl: R125,45/kl
  • 50 kl tot 80 kl: R273,97/kl
  • Meer as 80 kl: R400,85/kl

Sake- en nywerheidseiendomme moet verseker dat hul maandelikse verbruik van munisipale drinkwater 40% minder as in 2015 is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.