Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte: Beurtwater kom dalk vir Jhb
Foto ter illustrasie

Die moontlikheid van beurtwater dreig in Johannesburg om vermorsing te midde van die droogte te bekamp.

Johannesburg Water, wat verantwoordelik is vir water en sanitasie in die stad, het verbruikers dié week opnuut gewaarsku dat strenger beperkings sal kom indien waterverbruik nie binnekort met 15% verminder word nie.

Dié vereiste is op 5 September in die Staatskoerant deur die departement van water en sanitasie aangekondig.

“Waterverbruik het net ná 5 September aanvanklik met 4,5% gedaal, maar na ’n week was die syfer weer terug op 3,5% en uiteindelik so laag as 1,2%,” sê Anthony Still, ’n lid van Johannesburg se burgemeesterskomitee vir omgewing en infrastruktuur.

“Damvlakke in die stelsel het tot 51% gedaal, terwyl die Vaaldam besig is om tot onder 30% te sak. As die Vaaldam onder 20% daal, is die uitvloeipomppunte in gedrang.”

Still waarsku dat ernstige waterbeperkings en beurtwater in werking gestel kan word as die vereiste vermindering van 15% nie behaal word nie.

Dit kan beteken dat Johannesburg Water die uitvloei van water uit reservoirs en watertorings sal moet beheer om verbruikersgedrag te wysig. Daar sal steeds water wees, maar minder, waarsku Still, met veral hoogliggende gebiede wat laer waterdruk kan ervaar.

Om water te bespaar is Johannesburgers gevra om nie munisipale water of besproeiing te gebruik om hul tuine nat te lei nie, nie hul swembaddens met munisipale water te vul nie en nie hul motors of plaveisel met tuinslange af te spuit nie.

Meer oor:  Johannesburg  |  Droogte  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.