Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte in dele van W-Kaap steeds ’n ramp, sê DA

Die nasionale regering erken nie die omvang en erns van die droogte in dele van die Wes-Kaap, soos in dele van die Karoo en in die Matzikama-distrik (die mees noordelike deel in die provinsie) nie.

So sê Andricus van der Westhuizen, DA-lid van die Wes-Kaapse wetgewer.

Die regering se aankondiging in die Staatskoerant dat die droogte nie meer ’n nasionale ramp is nie, is volgens hom ’n fout. “Dit is heeltemal in teenstelling met wat die situasie in van die distrikte is. Meer as drie jaar se goeie reën is nodig voordat die nagevolge van die droogte oorkom is. Dit sal selfs langer neem in dele van die Karoo.”

Van der Westhuizen het ’n versoek aan die nasionale landboudepartement gerig om met die staande komitee oor landbou in die Wes-Kaapse wetgewer te vergader.

Hy sê daar moet ’n droogtehulpprogram ontwikkel word wat nie net veeboere help nie, maar ook dié in die vrugtebedryf en ander landboubedrywe.

Van der Westhuizen sê dit beïnvloed voedselsekerheid in die provinsie asook die oorlewing van boere, plaaswerkers en talle landelike gemeenskappe.

Die Wes-Kaapse landboudepartement het in Desember by die provinsiale rampbestuursentrum aansoek gedoen vir R178 miljoen se droogtehulp. Op 7 Julie vanjaar is slegs R25 miljoen hiervan goedgekeur.

Die eerste koopbewyse vir voer is eers op 1 Augustus aan boere beskikbaar gestel.

Volgens Van der Westhuizen is meer hulp veral in die Karoo nodig, waar hulle vir nog ’n paar jaar ondersteuning gaan benodig.

Meer oor:  Da  |  Andricus Van Der Westhuizen  |  Wes-Kaap  |  Droogte  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.