Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte nie al wat Kaapse toerisme knou

Die Kaapse droogte, ’n strawwe ekonomie, misdaad en hoë brandstofpryse is van die faktore wat bygedra het tot ’n daling in die besprekings vir verblyf in die toerismebedryf, aldus ’n studie.

Hoewel dit nie die bedryf paniekerig maak nie, is dit wel so dat daar minder besprekings in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar was.

’n Persepsie-ontleding oor die toerismebedryf is onlangs deur JAMMS-vennote in Kaapstad gedoen. Die deelnemers sluit in Kaapstad-toerisme, die verteenwoordigende liggaam vir die hotelbedryf Fedhasa, SA Toerisme, die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Konferensiebedryf en die Suider-Afrika-toerismedienstevereniging met die steun van die Kaapse stadsraad, die Wes-Kaapse provinsiale regering en die Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap (Wesgro).

“Die peiling is gedoen om die persepsie van en ondervinding in die toerismebedryf in Kaapstad te toets en die eerste helfte van 2018 te meet en te vergelyk met die eerste helfte van 2017,” sê Jeff Rosenberg, voorsitter van Fedhasa.

Die verslag sal volgende week amptelik uitgereik word, maar van die bevindings is dat 22,54% van die respondente se besprekings met tussen 1% tot 10% afgeneem het, terwyl 44,47% van respondente aangedui het dat hul besprekings met meer as 10% gedaal het.

Op die vraag of dit slegs toegeskryf kan word aan die droogte en of daar ander bydraende faktore is, het Rosenberg gesê respondente het die droogte as ’n rede gegee, maar ook die ekonomie, misdaad en hoë brandstofpryse.

Hy het inwoners egter gemaan om nie paniekerig te raak nie. “Kaapstad is en was nog altyd oop vir sake en ons nooi besoekers om ons stad te verken.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Droogte  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.