Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte nog nie verby, waarsku water-departement

Met die winter om die draai, het die departement van water en sanitasie Suid-Afrikaners opnuut gevra om water spaarsamig te gebruik.

Sputnik Ratau, nasionale woordvoerder van die departement, sê die tekort aan water bly ’n groot bron van kommer vir die regering.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie.Foto: Argief

Luidens die departement se weeklikse verslag het damvlakke in die Oos-Kaap die afgelope week effens verbeter en is die gemiddelde vlak op 63,2% (teenoor 62,8% verlede week).

Ratau sê die onlangse reën, wat skade van miljarde rande in KwaZulu-Natal en omliggende gebiede aangerig het, het wel in sommige gebiede verligting gebring.

Die vlak van die Nqadu-dam in die Oos-Kaap het oor die afgelope week tot 90,7% gestyg (teenoor 71,7% verlede week).

Die Nelson Mandelabaai-metro word die ergste deur die droogte geraak weens die lae vlakke van die Kouga- en die Impofu-dam wat water aan dié metro voorsien.

Die Kouga- en die Impofu-dam se vlakke is op onderskeidelik 46,1% en 26,4%.

“Die departement wil gemeenskappe waarsku dat die onlangse reën nie beteken die droogte is verby nie.

“Mense word steeds gemaan om verantwoordelik te wees en om water spaarsamig te gebruik,” sê Ratau.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.