Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Droogte: Tonne kos en water na Oudtshoorn aangery

Die organisasie SA Water Warriors het die afgelope naweek meer as 8 ton kos en water (vir mense en diere) aan boere in die droogtegeteisterde Oudtshoorn-gebied in die Klein-Karoo besorg.

Van die water en kos wat SA Water Warriors Saterdag in Oudtshoorn afgelaai het. Foto: Verskaf

Die organisasie het vroeër ’n groot insamelingsprojek vir 35 plase in die gebied begin. Minstens 105 gesinne, boere en plaaswerkers ingesluit, word geraak. Hulle kwalifiseer nie vir droogtehulp nie omdat volstruise as “wild” en nie as vee geklassifiseer word nie.

’n Konvooi motors het Saterdag met skenkings uit Goodwood in Kaapstad na Oudtshoorn vertrek.

Isabel Coetzee van SA Water Warriors sê meer as 8 ton kos – kos vir mense en 2 ton hondekos – is na Oudtshoorn aangery.

“Die veevoer is in transito. Dit is 140 ton in totaal wat binne twee weke afgelaai sal word.”

Met die groep se aankoms in Oudtshoorn is hulle begroet “deur ’n tranedal van genade”, aldus Coetzee.

Onder die kos was onder meer 6 200 eiers en byna 900 blikkies hondekos.

Volgens Coetzee was die mense baie dankbaar vir die hulp. Die skenkings kom grotendeels van die publiek.

SA Water Warriors is betrokke bSA Water Warriorsy verskillende noodlenigingsprojekte in Suid-Afrika.

Mense wat meer oor die organisasie se projekte wil weet, kan Coetzee by 011 334 7030 of 072 260 1777 bel, of hul blad op Facebook.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Skenking  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.