SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Droogte
Droogte tot nasionale ramp verklaar

Die regering het die droogte in die Wes-Kaap, die Noord-Kaap en die Oos-Kaap tot ’n nasionale ramp verklaar.

Dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, het Dinsdag dié aankondiging deur middel van ’n verklaring gedoen.

“Nadat ek met die betrokke provinsiale rampbestuur­sentrums gepraat en die erns van die voortslepende droogte wat minstens drie provinsies raak, in oënskou geneem het, gee ek kennis dat die droogte herklassifiseer word tot ’n ­­­nasionale ramp,” sê Tau.

As gevolg daarvan moes plaaslike en provinsiale ower­hede hul begrotings uitput om die geld te bekom om die watertoevoer na hul inwoners te verseker.

Tau het ’n beroep gedoen op die regering om die ramp­bestuurstrukture te versterk en te ondersteun sodat gebeurlikheidsplanne in werking gestel kan word.

Die DA het die aankondiging verwelkom en sê die departement van water en sanitasie moet nou onmiddellik geld beskikbaar stel aan die betrokke provinsies om die uitwerking van die droogte te verlig.

“Dit is ook om te verseker dat die provinsies die waterkrisis doeltreffend kan beveg,” sê ­Kevin Mileham, DA-LP en die party se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake.

“Die feit dat ons ’n nasionale ramp op hande het, spreek boekdele van die ANC-regering se onvermoë om die land se water­infrastruktuur te onderhou en ons mense van hierdie kosbare hulpbron te voorsien,” sê Mileham in ’n verklaring.

Hy sê die DA het die afgelope twee jaar gevra dat die water­krisis tot ’n nasionale ramp ­verklaar moet word, maar as gevolg van die ANC se interne kwessies het dit op dowe ore geval.

“As gevolg daarvan moes plaaslike en provinsiale ower­hede hul begrotings uitput om die geld te bekom om die watertoevoer na hul inwoners te verseker.”

Mileham sê die DA wens inwoners van Kaapstad geluk omdat hulle saamwerk om hul water­gebruik te verminder, wat daartoe gelei het dat Dag Zero nou na 4 Junie aangeskuif is.

“Dié aankondiging deur die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, al is dit twee jaar te laat, beteken dat ons nou toegang het tot die geld wat ons nodig het om Dag Zero selfs verder terug te stoot,” sê Mileham.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Wes-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Droogte  |  Ramp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.