Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Gamtoosvallei hou asem op vir nuwe waterjaar

Met die Kougadam tans slegs 8,9% vol, kan die jaarlikse toekenning vir die nuwe waterjaar wat op 1 Julie begin nog strammer as in die vorige jaar wees.

Dié dam verskaf besproeiingswater aan die Gamtoosvallei se vrugte- en groenteboere.

Die waterjaar wat op 30 Junie eindig se toekenning was reeds 60% minder as die volle toekenning. Die nuwe toekenning sal binne die volgende weke deur die departement van waterwese en ander betrokkenes bekend gemaak word.

Die sitrusoes sal na verwagting sowat 12% tot 15% kleiner wees as die van die vorige seisoen.

“Daar is nog net enkele weke oor van die huidige waterjaar en ons vrees dat die nuwe waterjaar se toekenning nog meer beperkend sal wees, tensy dit goed reën en die damvlak redelik styg,” sê Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevereniging.

“Die Kougadam staan op net onder 9%. Maar die belangrikste is dat ons darem water het om die huidige oes deur te sien, hoewel heelparty boere dit teen groot koste regkry met boorgate en ander maniere.

“Die 2019-oes is ons volgende uitdaging. Ons glo egter daar sal uitkoms in die volgende seisoen wees.”

“Ons pas ons produksiestrategie aan by die beskikbare water en die hoop op reën, hoewel etlike van die boere se watertoekenning al opgebruik is, wat uiteraard baie jammer is.

“Die huidige sitrusoes is betreklik veilig, maar die natuur kan die kaarte nog baie deurmekaar krap ten opsigte van die kwaliteit wat moet hou tot Augustus-September.

Dit is egter van kritieke belang dat genoeg reën so gou moontlik in die opvanggebiede van die Kougadam val.
Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevereniging.

“Die sitrusoes sal na verwagting sowat 12% tot 15% kleiner wees as die van die vorige seisoen.

“Daar is nie ’n D-dag of geskiedkundige norme nie, net elke nuwe dag ’n nuwe uitdaging,” sê Du Preez.

Volgens hom bly die gemeenskap ten spyte van die kritieke droogte positief.

“Boere wat sitrus- en kontantgewasse produseer hou by die besluit dat kontantgewas-aanplantings gestaak word totdat die gewone kwotas weer geld, met die gevolg dat hier tans baie min kontantgewasse, soos groente, gekweek kan word.

Die werklike impak op die oeste sal eers bepaal kan word wanneer die oeste afgehaal word.

“Ons het gelukkig ook gekwalifiseerde besproeiingskonsultante wat krisiswaterbestuursprogramme aanbied vir diegene wat nog water het. Dit is egter van kritieke belang dat genoeg reën so gou moontlik in die opvanggebiede van die Kougadam val,” sê Du Preez.

Meer oor:  Kougadam  |  Gamtoosvallei  |  Landbou  |  Waterkrisis  |  Droogte  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.