Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Goeie reën in noorde, maar damme sukkel nog

Hoewel dele in die noorde van die land die afgelope 24 uur goeie reën gekry het, is dit nog nie genoeg om die damme in Limpopo vol te kry nie.

Jan Vermeulen van die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dit reën wel in die droër gebiede in die noorde, maar dit ist meestal plek-plek.

Hy sê het in Gauteng het Mountain View met sy 64 mm die meeste reën gekry. In Irene het 52 mm geval.

Damvlakke in die Letsitele-gebied in Limpopo is so laag dat daar bykans geen water meer is om na landerye te pomp nie. Foto: Verskaf

Amersfoort in Mpumalanga het 68 mm reën gekry, gevolg deur Machadodorp met 43 mm.

In Groblersdal in Limpopo is 63 mm gemeet, en in Polokwane het 50 mm uitgesak.

In die droër gebiede, wat onder meer Tzaneen en Hoedspruit insluit, het dit onderskeidelik 34 mm en 29 mm gereën.

Krake in die modder van ’n opgedroogde dam in die Letsitele-gebied in Limpopo. Foto: Verskaf

Deidré Carter, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, sê 70% van Limpopo trek nog swaar.

“Hoewel ons reën gekry het, waarvoor ons baie dankbaar is, moet ons die damme nou vol kry”.

Sy sê die Blyderivierspoortdam naby Hoedspruit staan op 50%, die Tzaneendam in die Letsitele-gebied het net 5% water en die Ebenezerdam naby Tzaneen is 34% vol.

Sitrusboere in die provinsie sal eers die ware impak van die droogte met die plukseisoen volgende jaar voel.

“Sitrusbome is op groot skaal uitgehaal weens die droogte. As dit nie genoeg reën om die damme vol te maak nie, sal nog uitgekap moet word,” sê sy.

In Noordwes het Leeukop, wes van Brits, 56 mm reën gekry.

In KwaZulu-Natal het Pietermaritzburg met sy 12,5 mm die meeste reën gekry.

Wat die res van die week betref, word enkele buie en donderbuie Vrydag in die noordelike provinsies van die land verwag.

Geen reën word egter vir die westelike dele van Noordwes voorspel nie.

Die Letsitele-gebied in Limpopo is baie droog en het onlangs net tussen 15 en 30 mm reën gekry.Foto: Verskaf
Tamatie-oeste lyk power in die droogtegeteisterde Letsitele-gebied van Limpopo. Foto: Verskaf

Oor die hoëveld in Mpumalanga, en Limpopo se suidelike, sentrale en westelike dele is daar ’n 60%-kans op verspreide buie en donderbuie.

Min of meer dieselfde weerstelsel word Saterdag verwag, behalwe vir ’n 60%-kans op verspreide donderbuie vir Gauteng, die hoëveld en die noordoostelike dele van Noordwes.

Vir Sondag word enkele donderbuie voorspel, maar met geen vooruitsigte in die westelike en sentrale dele van Noordwes nie. Verspreide buie word vir die ooste van Mpumalanga en die suidoostelike dele van Limpopo voorspel, sê Vermeulen.

“Oktober was baie droog en dit het baie laat begin reën. Die reënval is egter nou besig om na normaal terug te keer. Die baie goeie reën wat ons in November kry, maak op vir die Oktober-droogte,” sê Vermeulen.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Limpopo  |  Reën  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.