Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Goeie reën stu Wes-Kaapse damvlakke

Verlede week se kouefront en goeie reën het gehelp dat die Wes-Kaapse damvlakke vandeesweek heelwat beter lyk.

Boonop sal die sneeu wat nou begin smelt ook help dat meer water afvloei in die provinsie se damme en die ondergrondse watertafel aanvul.

Die hoofopgaardamme waaruit Kaapstad se water verkry word, is nou gesamentlik 40,1% vol in vergelyking met 35% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die Theewaterskloofdam is nou 54,8% vol teenoor verlede week se 51,3% en verlede jaar se 40,3%.

damme

Die Bergrivierdam is 73,1% vol teenoor verlede week se 68,2% en verlede jaar se 72,9%.

Die Voëlvleidam is 54,1% vol teenoor verlede week se 55,3% en verlede jaar se 51,2%.

Intussen het die Clanwilliamdam ’n sterk invloei gehad en die dam is 13,6% vol teenoor verlede week se 7,1% en verlede jaar se 12,6%.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê damvlakke het in geheel met vier persentasiepunte gestyg in die Wes-Kaap in vergelyking met verlede Maandag se damvlakke.

Hy sê behalwe dat die damvlakke styg, is dit ook goeie nuus dat ondergrondse water aangevul word, aangesien daar in dele van die provinsie op dié waterbronne staatgemaak word om drinkwater aan inwoners te verskaf.


Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.