Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Graaff-Reinet ‘soek ander waterbronne’

Die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit met sy setel in Graaff-Reinet ondersoek alternatiewe bronne om die krane in die Karoo aan die loop te hou.

Die Nqwebadam by Graaff-Reinet is leeg. Foto: Marlee Smith

Met die Nqwebadam by Graaff-Reinet in die Oos-Kaap dolleeg, is inwoners van die dorp van 29 boorgate afhanklik.

Maar selfs nie eens dit is voldoende om aan die vraag te voldoen nie, sê Wilca Smith, waarnemende woordvoerder van die munisipaliteit, by navraag.

Sy sê skoonmaakwerk ná die vrektes van duisende visse in die leë dam is onderweg.

Oor planne vir verbeterings aan die dam of dat die slik weggeskraap kan word, het Smith gesê die skoonmaakoperasie is ’n duur proses. “Hoewel die dam droog lyk, is dit nie.”

Luidens ’n verklaring wat die departement van water en sanitasie Donderdag uitgereik het, is die Nqwebadam nog 0,8% vol. Daar is egter geen water in die dam sigbaar nie.

Samantha Graham-Maré, DA-LP en leier van die kiesafdeling vir die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, het verlede week gesê kommer heers op die dorp oor hoe lank die waterbronne gaan hou, aangesien die watertafel volgens haar nie gemonitor word nie.

Smith ontken dit en sê alle boorgate word elektronies deur ’n telemetrie-stelsel gemonitor.

Sy sê die munisipaliteit beplan en ontwikkel voortdurend om die volhoubaarheid van die waterbronne te verseker. Terselfdertyd word ook na alternatiewe bronne gesoek, maar hieroor het Smith nie uitgewei nie.

Hoewel die dam droog lyk, is dit nie.

Graham-Maré het ook beweer die munisipaliteit vat nie mense wat water mors, vas nie en dat die munisipaliteit die geld vir die verbetering van watertoevoer reeds elders bestee het.

Smith sê egter geld wat van ander regeringsfere ontvang word, word slegs volgens goedgekeurde sakeplanne gebruik.

Sy sê waterbeperkings geld en boetes kan volgens wet gehef word as mense dit oortree. Sy het egter nie geantwoord op die vraag of die munisipaliteit wel boetes invorder nie.

Intussen het inwoners van die dorp Saterdag ’n gebedsessie by die leë Nqwebadam gehou en vir reën in die dam, dorp en streek gebid.

Meer oor:  Graaff-Reinet  |  Oos-Kaap  |  Damvlakke  |  Water  |  Damme  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.