Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Grahamstad se water-hoop nou op boorgate
Water is in Makhanda (Grahamstad) raakgeboor. Foto: Verskaf

Nadat Gift of the Givers verlede week tydens eksplorasieboorwerk in Makhanda (Grahamstad) op sowat 30 000 liter water per dag afgekom het, het die organisasie en die Rhodes-Universiteit saamgespan om die ernstige watertekort op die dorp op te los.

“Die universiteit is die lewensbloed van die plaaslike gemeenskap. As dit toemaak, maak die hele dorp toe,” sê dr. Imtiaz Sooliman, Gift of the Givers se stigter, in ’n mediaverklaring.

Gift of the Givers het al op 12 Februarie ingegryp en duisende liter gebottelde water aan die inwoners van Makhanda begin verskaf.

“Tyd is teen ons. Die twee damme het slegs 20 dae se water oor. Na gelang van beskikbare geld sal Gift of the Givers meer boormasjiene inspan in ’n poging om water te gee aan ’n gemeenskap wat sedert November verlede jaar ’n tekort het.

“Dit is tyd om ernstig vir nog reën te bid.”

Intussen het dié noodlenigingsorganisasie Donderdag verder geboor.

Water uit die boorgat, sowel as die water uit nog ’n gat, sal in die universiteit se bestaande waternetwerk gepomp word en aan die 430 universiteitsgeboue water verskaf.

Nog ’n boorgat sal op die universiteitsterrein geboor word. Dié water sal na die reservoirs van die Waainek-suiweringsaanleg in die weste van die dorp vloei.

Water wat nie gebruik word nie sal in tenks naby die universiteit opgeberg word waar dit ook vir ander inwoners van die stad beskikbaar sal wees.

Nog ’n boorgat sal op die universiteitsterrein geboor word. Dié water sal na die reservoirs van die Waainek-suiweringsaanleg in die weste van die dorp vloei.

Daar is glo slegs 1% bruikbare water oor in die Howiesonspoortdam.

In die ooste van die dorp gaan langs die Johan Kleynhans-suiweringsaanleg geboor word. Sou dié gat water lewer, sal dit regstreeks in dié reservoir gepomp word.

Dieselfde stappe word by die hospitale, skole, die polisie se K9-eenheid, korrektiewe dienste en die digbevolkte informele nedersettings aan die oostekant van die stad beplan.

Daarna sal dieselfde by die polisie se K9-eenheid en korrektiewe dienste gedoen word.

Daar is reeds ’n produktiewe boorgat by die Setlaarsmonument.

Verskeie geleenthede word deur die jaar hier gehou, soos die 4 000 mense wat vandeesweek hier opdaag vir ’n koorfees. In die eerste week van Maart word elke dag 30 000 by die monument verwag vir die wetenskapfees.

Meer oor:  Makhanda  |  Grahamstad  |  Droogte  |  Boorgate  |  Waternood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.