Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Grondwater kan verligting vir metro bring

Nelson Mandelabaai vind nuwe en innoverende maniere vir volhoubare watervoorsiening tydens die droogte. Die jongste daarvan is grondwater.

Die Nelson Mandelabaai-metro boor nou 200 m diep vir water by Coegakop wat na verwagting 80 megaliter water per dag aan van die gemeenskappe in Motherwell sal voorsien.

Barry MartinBarry Martin, direkteur van water en sanitasie in die metro, sê dit is om die volhoubaarheid van waterverskaffing in die toekoms te verseker en om ook in die toekoms verskeie maniere van waterverskaffing beskikbaar te hê.

Martin het gesê ander waterbronne waarna gekyk word, sluit ontsoute en herwonne water in.

“Ons hoop om minstens 10% van die metro se water van dié bron af te verskaf,” het hy gesê.

Nadat daar reeds sedert 2010 tekens is van erge droogtes, het die metro verskeie grondwaterstudies in en buite die metro se grense gedoen as deel van sy projek om grondwater beter te benut.

Mongameli Bobani, burgemeester, het die waterbeperkings vir die metro-gemeenskap ook ná swaar reën in Oktober verslap.

Die boor van boorgate het in 2014 begin nadat die Coegakop-gebied daarvoor geïdentifiseer is.

“36 verkennings- en proefboorgate is geboor waaruit vyf produksieboorgate geïdentifiseer moes word wat die stelsel uiteindelik van rou boorgatwater sal voorsien,” het hy gesê.

Martin het gesê die projek sal die metro R230 miljoen kos. Gemeet aan huidige uitbreidingsprojekte, is dit die goedkoopste waterbron vir die metro. Die water het min sout in en yster en mangaan sal verwyder word om dit drinkbaar te maak.

Die verwagte voltooiingsdatum van die Coegakop-projek is Junie 2020, het hy gesê.

Die departement van water en sanitasie het verlede week boere se jaarlikse waterperke uit die Kougadam van 20% tot 40% verslap ná onderhandelings met die Gamtoos-besproeiingsraad en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het die PE Express berig.

Dié stap volg ná reën in die gebied wat die damvlak in September van 7% tot die huidige 54% laat styg het, met die gekombineerde vlakke van die Algoa-waterstelsel wat ook op 54% staan.

Mongameli Bobani, burgemeester, het die waterbeperkings vir die metro-gemeenskap ook ná swaar reën in Oktober verslap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.