Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Grootste deel van Beaufort-Wes sonder water
06 September 2018

Water wat Woensdagoggend deur die Gift of the Givers in Beaufort-Wes afgelaai is, is dadelik versprei in dele van die dorp wat sonder water is.

“ ’n Spesiale raadsvergadering waar die dorp as ’n droogte-rampgebied verklaar sal word, sal eers Donderdag plaasvind,” sê Marlene Hendricks, ’n munisipale woordvoerder wat gemoeid is met water.

Water word Woensdag in Beaufort-Wes deur die Gift of the Givers afgelaai. Foto: Verskaf

Volgens haar was die oorgrote deel van die dorp Woensdag sonder water en daarom is dadelik begin om die water uit te deel. Hendricks het self ook Woensdag in die dorp rondgery om van die water uit te deel.

Die Beaufort-Wes-munisipaliteit het Dinsdag gesê die dorp is afhanklik van sy ondergrondse watervoorraad omdat die Gamkadam leeg is.

Daar is 39 boorgate waarvan slegs 29 in bedryf is, maar vyf daarvan gee probleme. Slegs die helfte van die nodige hoeveelheid water word tans gelewer.

Dinsdag was die vlak van die reservoir wat water aan die gemeenskap moet lewer op slegs 17%. Sekere dele van Beaufort-Wes soos Noordeinde, Essopville en Nieuwoudtville was sonder water.

Die munisipaliteit probeer om die vlak van sy reservoirs bo 50% te kry, maar mense slaan nie ag op sy dringende pleidooi om water te bespaar nie. ’n Dringende beroep word weer op inwoners gedoen om water te bespaar om te verhoed dat beurtwater geïmplementeer word.

Skenkings van water word ook dringend benodig. Die Gift of the Givers en die Cape Town Water Warriors het reeds water aan die dorp geskenk.

Mense word uitgenooi na ’n biddag vir reën wat op 16 September om 15:00 op die Rustdene-sportterrein gehou word.

Vlak 5-waterbeperkings is van krag in die dorp.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Beaufort-Wes  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.