SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Droogte
Hewige stormweer vir KZN voorspel

Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is Dinsdag op ’n gereedheidsgrondslag geplaas vir die moontlikheid van hewige storms wat die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir dié provinsie voorspel het.

Swaar reën wat tot oorstromings kan lei is vir die gebiede uThukela, uMgungundlovu en Harry Gwala voorspel.

“Ons spanne is gereed omdat gure weer steeds ’n ernstige gevaar vir ons provinsie se inwoners inhou,” sê Sipho Hlomuka, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake.

“Ons monitor veral die gebiede wat maklik kan oorstroom.”

Volgens hom is daar ’n gevaar van stormsterk wind langs die kus by uMkhanyakude wat bome kan ontwortel.

“Ons vra die inwoners, veral dié wat langs die kus woon, om hul veiligheid eerste te stel en vroegtydig skuiling te soek.”

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Rampbestuursplanne  |  Stormweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.