Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Jong vrou van Noordwes smeek vir droogtehulp vir ouers

Die smeekbrief van ’n jong vrou om droogtehulp vir haar ouers wat in Noordwes boer, is met daadwerklike hulp en optrede deur ’n groep boere van Bloemfontein beantwoord.

Zenika Lamprecht (24) van Mahikeng het dringende hulp gevra vir haar ouers wat by Lykso, tussen Vryburg en Kuruman, boer.

Zenika LamprechtFoto: Facebook

Cobus Venter, Bloemfonteinse boer wat bekend is vir hulpverlening aan ander boere, sê veevoer staan reeds gereed om na haar ouers se plaas gebring te word.

Lamprecht het die brief aan hom gerig en versoek dat haar ouers se name nie bekend gemaak word nie om hulle nie bloot te stel nie.

Volgens Venter gaan 52 bale veevoer van 250 kg elk na haar ouers gestuur word.

“Ons soek nou net vervoer oor die meer as 340 km.”

Lamprecht se brief lui soos volg:

“Oom Cobus, ek wil baie graag my ouers help. Geldelik kan ek self nie help nie omdat ek ook swaar kry. Ek wil graag hoor of ons dalk veevoer of so iets vir hulle kan reël.

“Hul boorgat het ingegee, wat beteken daar is geen voer vir die skape nie en ook nie ’n inkomste van die skape af om die beeste te kan voer nie. My pa se koöperasierekening loop weer hoog.

“Die beeste gaan lê en dit is net my pa en ma wat na hulle kan omsien. My pa moes twee dragtige koeie skiet wat gaan lê het, wat beteken hulle het in bietjie minder as ’n week drie koeie en kalwers verloor en dit is ’n maand of twee se geld wat hulle verloor het.

“Ek weet daar is baie boere daar buite wat swaar trek en niks het nie, maar my ouers is onder hulle.”

Sy skryf verder:

“Ek sal verstaan as Oom nie kan help nie, maar as Oom-hulle kan, sal dit opreg waardeer word. Met die droogte en alles het ek van einde Junie tot nou my ouers net drie keer gesien.”

* Mense wat kan help met vervoer kan Venter by 083 588 3101 bel.

Meer oor:  Noordwes  |  Droogtehulp  |  Droogte  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.