Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
‘Jy kan desperaatheid vir voer in boere se oë sien’

Desperate opkomende en kommersiële boere in Graaff-Reinet het Dinsdag voer by die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers ontvang.

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van die organisasie, sê die versoeke wat vir voer ontvang is, is oorweldigend.

Volgens hom kan ’n mens die desperaatheid sien in die boere se oë om hul diere, wat weens die droogte vrek, te kan voer.

Dr. Gideon Groenewald, Gift of the Givers se hidroloog en geoloog, wat meer as 40 jaar se ondervinding het, is in Graaff-Reinet waar die organisasie boorgate sink. Vyf boorgate, wat gesamentlik 102 000 liter water per dag lewer, is reeds gesink.

Dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers (middel) saam met Dave Stern, voorsitter van die Sneeuberg-landbouvereniging, en Zolile Hanabe, voorsitter van die opkomende boere. Foto: Verskaf

Mario Ferreira, Gift of the Givers se spanlid wat sedert die Knysna-brande in 2017 vir die ingryping in die Suid-Kaap verantwoordelik is, het Dinsdag gebottelde water in die dorp laat aflewer. Altesaam 133 000 liter water is uitgedeel.

“Gebed en ’n verenigde benadering tussen die regering, private sektor, boerderygemeenskappe en die publiek is die enigste realistiese manier om die uitdagings van die droogte die hoof te bied. Die droogte het ’n negatiewe uitwerking op mense, diere, die omgewing en die ekonomie,” sê Sooliman.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Graaff-Reinet  |  Droogte  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.