Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Kaapstad het net 18,6% water oor

Damvlakke rondom Kaapstad was Maandag 1,4% laer as ’n week gelede en het op 28,6% gestaan.

Die Stad Kaapstad het Maandagmiddag ’n verklaring uitgereik waarin hy verbruikers vra om harder te probeer om water te bespaar.

“Die laaste 10% van ’n dam se water is meestal nie bruikbaar nie, dus staan damvlakke effektief op 18,6% bruikbare water en is daar net 103 dae se water oor teen die huidige koers van gebruik,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring is daar die afgelope week 750 miljoen liter water per dag verbruik, maar die gesamentlike teiken is 700 miljoen liter.

“Ons is te midde van een van die ergste droogtes van die afgelope eeu,” lui die verklaring.

Die stad se gebeurlikheidsplanne sluit in om waterbeperkings verder te versterk en die moontlikheid van afwisselende waterverskaffing om die water wat oor is te bewaar indien damvlakke tot ’n gevaarlike vlak daal.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het vroeër vandeesmaand ’n plaaslike ramptoestand verklaar sodat kleinskaalse noodplanne bevorder kan word.

“Aktiewe hulp van sowel die provinsiale as die nasionale regering is nodig om die situasie te bestuur en om ons gemeenskappe en ekonomie te bewaar,” lui die verklaring.

Die stad oorweeg dit om verskeie kleinskaalse noodplanne op die been te bring om meer water op kort termyn te verskaf.

Die noodplanne sluit in:

* Om noodboorgate in Tafelberg se ondergrondse waterbronne te sink wat 2 miljoen liter water per dag kan lewer.

* ’n Kleinskaalse seewaterontsoutingsaanleg aan die noordwestelike kuslyn wat 2 miljoen liter water per dag kan lewer.

* Om die bestuur van die programme vir die stad se waterdruk en waterbehoefte te versterk om waterbehoefte te verminder.

Indien nóg ’n winter met ondergemiddelde reënval voorlê, sal die stad bogenoemde noodmaatreëls uitbrei en die volgende noodplanne in werking stel:

* Om nóg boorgate na Tafelberg se ondergrondse waterbronne te sink, sodat ’n addisionele 10 miljoen liter water per dag gelewer kan word.

* Om die nood-ontsoutingsaanleg uit te brei sodat dit nóg 2 miljoen liter per dag kan lewer.

* ’n Kleinskaalse aanleg vir die hergebruik van water vir drinkwater wat 10 miljoen liter water per dag kan lewer.

* Om putte te boor na die Kaapse Vlakte se ondergrondse waterbronne wat gesamentlik 5 miljoen liter water per dag kan lewer.

Die geraamde koste van die noodplanne is R315 miljoen oor drie boekjare (2016-’17 tot 2018-’19). Die stad se departement van water en sanitasie sal die projekte finansier deur interne herprioritisering.

Inwoners kan die stad kontak by water.restrictions@capetown.gov.za vir navrae of om oortredings aan te meld, of hulle kan ’n SMS na 31373 stuur.

Meer oor:  Droogte  |  Waterskaarste  |  Damvlakke  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.