Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Kapenaars gebruik al meer water

Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week verder gedaal, maar die gemiddelde vlakke is steeds heelwat hoër as dieselfde tyd verlede jaar.

Teen Maandag het die provinsie se gemiddelde damvlak effens gedaal van 66% tot 65,1%, teenoor 60,8% in 2018.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het ook van 83,3% tot 82,6% afgeneem, terwyl dit dié tyd verlede jaar nog op 70,8% gestaan het.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het die middag in ’n verklaring gesê die voller damme in die algemeen gee ’n sterker gevoel van watersekerheid in die voorsienbare toekoms.

Die Voëlvleidam, tussen Gouda en Wellington, se vlak het die afgelope week van 89% tot 88,2% gedaal. Dié foto van een van die ses groot damme wat aan Kaapstad water voorsien, is op 4 November geneem. Foto: Samuel Walters

“Ons dring egter steeds daarop aan dat mense aanhou water bespaar en hul goeie watergewoontes permanent maak. Dié hulpbron sal vorentoe altyd onder druk verkeer.”

Volgens Bredell sal die nasionale departement van water en sanitasie na verwagting einde vandeesmaand aankondigings oor die behoefte aan verdere waterbeperkings doen.

Kaapstad se gemiddelde watergebruik het die voorafgaande week met 39 miljoen liter (megaliter) per dag tot 689 megaliter per dag gestyg.

Onder vlak 1-waterbeperkings is die mikpunt vir gebruik onder 650 megaliter per dag.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, se vlak het die afgelope week van 74,3% net tot 74% gedaal, teenoor 55,2% dié tyd verlede jaar.

Die Voëlvleidam se vlak het van 89% tot 88,2% afgeneem en die Bergrivierdam van 99,7% tot 98,6%.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak ook van 87,6% tot 84,7% gedaal. Verlede jaar dié tyd was dit 87,9%.

Bredell het egter daarop gewys dat die Gouritsrivier-opvanggebied, wat groot dele van die Karoo insluit, se gemiddelde vlak op slegs 17,7% staan en dat die streek die afgelope drie tot vier jaar min tot geen reën ontvang het nie.

“Gewoonlik kry dié streek in die winter- én somermaande reën, so ons hoop om nog verligting in die komende maande te sien.”

* Intussen verwag die Suid-Afrikaanse Weerdiens warm weer in die Wes-Kaap en tot ten minste Vrydag geen reën nie.

Uiters warm weer kan vandeesweek aan die Weskus, dele van die Kaapse Wynlande en die Karoo voorkom.

In die Oos-Kaap is daar Vrydag ’n 30%-kans op reën en donderweer in Oos-Londen, Makhanda, Port Alfred, Port St. Johns, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha, Cradock en Queenstown.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Wes-Kaap  |  Karoo  |  Damvlakke  |  Droogte  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.