Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Klimaat: Maak jou reg vir nog droogtes

As klimaatsverandering toegelaat word om onbeperk voort te duur, kan Suid-Afrikaners hulle daarop voorberei om “droogtes van veelvoudige jare” te ervaar.

Prof. Francois Engelbrecht, klimaatwetenskaplike van die Global Change Institute by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

Prof. Francois Engelbrecht van die Global Change Institute van die Universiteit van die Witwatersrand het eergister daarop gewys dat die veranderende klimaat in Suider-Afrika reeds mielieproduksie en beesboerdery in Bo­tswana en dele van Suid-Afrika onvolhoubaar laat lyk.

Hy het op navrae gereageer oor die weten­skap­like verslag “The Human Imper­ative of Stabilizing Global Clim­ate Change”, wat gister in die tydskrif Science gepubliseer is. Hy is ’n mede-outeurs.

Hy sê beeste oorleef gewoonlik nie hittegolwe van 38 °C wat ’n paar dae duur nie. Botswana het in die droogte en die hittegolf van 2015 20% van sy beeskuddes verloor en die volgende jaar ’n verdere 20%.

Engelbrecht sê langdurige droogtes, soos dié van 2015-’17, wat die Wes-Kaap by Dag Zero laat omdraai het, gaan weer voorkom. “Die kans dat dít gaan gebeur, is nou drie keer so groot as wat ons voorheen gedink het.”

Hul verslag is ’n opvolg op die een van die Interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) se “Special Report on Global Warming of 1,5 Degrees”, wat in Oktober verlede jaar gepubliseer is.

Wetenskaplikes waarsku daarin as die huidige volume kweekhuisgasse steeds in die atmosfeer gepomp word, sal die wêreld oor tien jaar ’n “drempel” oorsteek wat die globale temperatuur daarna met 3 °C kan laat styg.

“Gebeur dít, sal die gemiddelde temperatuur in Suid-Afrika met 6 °C styg,” sê Engelbrecht. “Dit gaan nooit weer beter raak nie, maar ons kan dit beperk deur kweekhuisgasse te beperk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.