Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Kommer oor damvlakke in Oos-Kaap

Die steeds dalende damvlakke in die Oos-Kaap bekommer die nasionale departement van water en sanitasie.

Damvlakke in die Oos-Kaap daal steeds. Grafika24

Luidens ’n departementele verslag het die gemiddelde damvlak in die provinsie tot 55% vandeesweek gedaal vergeleke met 55,4% ’n week gelede.

“Die afname is uiters kommerwekkend. Dit wys die provinsie sukkel steeds om te herstel van die droogte in die meeste dele van die provinsie. Alle sektore moet meer moeite doen om water te bespaar.”

In die Nelson Mandelabaai-metro was daar geen verbetering in damvlakke nie, ten spyte van die onlangse reënval.

Die Algoabaai-waterstelsel, met sy vyf damme wat dié metro van water voorsien, is op 13,8% teenoor 14,1% verlede week.

Die Kougadam is nou op 5% teenoor 5,2% verlede week.

Die Krommedam is op 32,5%, die Loeriedam op 45,6% en die Impofudam op 15,3%.

Die Amathole-waterstelsel verskaf water aan die Buffalo City-metro. Sy gemiddelde damvlak het die afgelope week gedaal tot 35,6% (35,9% die vorige week).

Die Nahoondam se vlak het effens gestyg van 37,8% verlede week tot 38,6%, terwyl die Laingdam stabiel is op 99,7%.

Die Xilinxadam se vlak het afgeneem van 22,1% tot 21,8%.

Meer oor:  Kougadam  |  Landbou  |  Damvlakke  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.