Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Kommer oor hulp aan droogte-geteisterde dele

Agri SA is baie bekommerd oor die verwoestende gevolge van die voortslepende droogte in groot dele van die Oos-, Wes- en Nood-Kaap.

Dit is ten spyte van goeie reën wat die afgelope week in sekere gebiede van die land geval het, sê die landbou-organisasie in ’n verklaring.

Talle droogtegeteisterde gebiede is sonder toegang tot verdere nasionale ramphulp ná ’n besluit deur dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, lui die verklaring.

Dan Kriek Foto: Deaan Vivier

Mkhize het nie die nasionale ramptoestand hernu nadat dit op 13 Junie 2018 verstryk het nie.

Droogtegeteisterde gebiede is nou grootliks van die hulp van hulporganisasies vir voer afhanklik.

“Stygende brandstofpryse en die onverwagse aankondiging Dinsdag dat Suid-Afrika nou in ’n ekonomiese resessie is, skep verdere kommer oor die beskikbaarheid van hulp vir die landbousektor.

“Daar is ook kommer oor die voortdurende uitputting van natuurlike hulpbronne, insluitende weiding en grondwater. Daar word beraam dat ongeveer 40% van die natuurlike weiding in die Noord-Kaap deur die droogte vernietig is,” lui die verklaring.

“Ten spyte van die vele uitdagings wat die landbousektor tans ervaar, moet ons almal saamwerk om voedselsekerheid in die land oor lang termyn te verseker,” sê Dan Kriek, president van Agri SA.

“As ’n sektor kan ons dit nie bekostig om ons fokus van die krisisse in die droogtegeteisterde gebiede weg te neem nie.”

Agri SA bedank die verskillende rolspelers, insluitende die regering, die kommoditeits- en korporatiewe organisasies, hulporganisasies en Agri SA se provinsiale affiliasies vir hul voortgesette hulp aan die landbougemeenskap in die huidige krisis.

Meer oor:  Agri Sa  |  Dan Kriek  |  Droogte  |  Droogtegeteisterde Dele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.