Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Konvooi met voer vir droogtehulp vir Sutherland

33 vragmotors gelaai met 210 ton sakke en 1 100 bale veevoer het Saterdag van die Klipdale-omgewing in die Overberg, Wes-Kaap, na Sutherland, Noord-Kaap, gery om dié groot skenking te gaan aflaai.

“Klipdale vir Sutherland, droogtehulp, genade,” lees die boodskap op dié bale wat Saterdag deur skenkers van die Overberg na Sutherland geneem is. Foto: Verskaf

Jean-Louis Fourie, OverbergAgri se depot-bestuurder by Klipdale en die man wat dié droogtehulp-projek georganiseer het, sê produsente van die omgewing, insluitend Klipdale, Bredasdorp en Napier, het die voer bymekaargemaak. Hy het dit die “Diere in nood”-projek gedoop en sê dit gaan oor die diere wat swaarkry in die droogte.

Die voer gaan onder 141 boere in die Sutherland-omgewing versprei word.

Saterdag in die donker oggend het hulle teen sowat 03:30 begin ry vanaf Klipdale, deur Robertson, Touwsrivier, Matjiesfontein en daarna tot in Sutherland, waar die skenking versprei sal word.

Fourie sê indien hulle dit weer volgende jaar doen, sal dit beslis nie op 15 of 16 Desember wees nie – motoriste ry net te onverskillig op die besige paaie.

“Ja, die taxi’s ry erg. Ek wil nou nie op enige tone trap nie, maar die Gautengers ry onverskillig,” sê Fourie.

Hy sê die vragmotorbestuurders het deurentyd met mekaar kontak gehad met radio’s en hulle kon mekaar waarsku oor onverskillige bestuurders.

In een geval het ’n bestuurder van ’n voertuig met ’n sleepwa en twee jetski’s daarop probeer om aan die linkerkant van die geelstreep verby ’n vragmotor te kom.

“Dit is nogal skrikwekkend,” sê Fourie.

Hulle is verby twee van die gru-ongelukstonele op die N1 wat Saterdag gebeur het.

En ja, hulle sal weer help waar nodig, maar vir die verkeer is hulle bang, sê Fourie.

Die een vragmotor na die ander met die groot geskenk van 210 ton voer in sakke asook 1 100 bale voer wat Saterdag vanaf Klipdale in die Overberg na Sutherland geneem is. Foto: Verskaf
’n Lugfoto van die vragmotors met voorraad. Foto: Verskaf
Onderweg na Sutherland ry produsente van die Overberg Saterdag om voer te vat vir die diere in nood. Foto: Verskaf

Meer oor:  Sutherland  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.