Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
KYK: Brande woed in ‘waterarm’ Gariepdamdorp

Reuse-veldbrande in en om die dorp Gariepdam in die Suid-Vrystaat wat van Sondag tot Maandag gewoed het, het die inwoners en boere van die omgewing behoorlik laat bontstaan.

Water uit swembaddens en boorgate is aangery om die brande te blus, sê Dinky Schultz van die Hotel De Stijl Gariep.

Sy sê dit is omdat die dorp volgens ooreenkoms net 60%-waterlewering het en die waterdruk baie laag is. Plek-plek was daar geen water nie.

Gariepdam is een van nege dorpe in die Kopanong-munisipaliteit wat Bloemwater sowat R450 miljoen vir water skuld. Waterlewering is hieroor verminder.

Brande in die Gariepdam-dorp het Sondag en Maandag gevaarlik naby aan woonhuise gekom terwyl daar op baie plekke nie water in die dorp was nie. Foto: Coreli Roos

“Boorgat- en swembadwater moes Sondag en Maandag aangery word en mense het onverpoos vir sowat 18 uur saamgewerk om die veldbrand in en om die dorp geblus te kry,” sê Schultz.

Volgens haar is ’n groot probleem dat die Kopanong-munisipaliteit ook nie sy asgate behoorlik in stand hou nie.

’n Brand het klaarblyklik daar ontstaan en die sterk winde het veroorsaak dat die omliggende veld aan die brand gesteek en wegholbrande veroorsaak is.

Dit kan wees dat die reservoirs leeggeloop het.

Dit het die inwoners groot laat skrik, maar gelukkig is geen skade aan eiendom aangerig nie.

Schultz het Dinsdag gesê die hoogliggende dele van die dorp het glad nie water nie.

“Dit kan wees dat die reservoirs leeggeloop het.”

Solly Phama, woordvoerder van die Kopanong-munisipaliteit, het gesê hy was nie bewus van die brande nie, omdat hy as gevolg van ander verantwoordelikhede ’n paar dae nie op kantoor was nie.

Phama bly in Trompsburg, hoofsetel van die Kopanong-munisipaliteit.

Gaste vanuit Johannesburg het uit ’n vliegtuig foto’s geneem van die rook wat oor die dorp bly hang het.
Groot stukke veld om die Gariepdam het afgebrand.
Meer oor:  Gariepdamdorp  |  Brande  |  Veldbrande  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.