Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
KYK: Dorp 'n droogte-rampgebied, maar reservoir lek
06 September 2018

Die tegniese departement van die Oudtshoorn-munisipaliteit doen tans ’n ondersoek na ’n lekkende reservoir in Oudtshoorn.

Die stadsraad het verlede maand weens kwynende waterbronne die dorp as ’n droogterampgebied verklaar. ’n Veldtog om water te bespaar is van stapel laat loop en die Oudtshoorn-munisipaliteit het vroeër gesê die herstel van lekkasies kry ekstra aandag.

’n Skermgreep van die video by die lekkende reservoir in Oudtshoorn-noord.

Estelle Moller, ’n Netwerk24-leser, het ’n video van die lekkende reservoir in Oudtshoorn-noord aangestuur. Besorgde inwoners het Maandag die video geneem en vir haar gegee. Dit wys onder meer ’n sigbare kraak aan die buitekant van die reservoir. Verskeie eiendomme is reg onder die reservoir geleë.

Aurelia Oliphant, ’n munisipale woordvoerder van Oudtshoorn, sê by navraag die reservoir gaan in ’n stadium uit bedryf gehaal en leeggemaak word sodat raadgewende ingenieurs die binnekant kan inspekteer.

“Hulle sal dan ’n verslag saamstel met aanbevelings oor die toestand van die reservoir.”

Volgens Oliphant is die reservoir ’n belangrike deel van Oudtshoorn se waterverspreidingstelsel en kan dit nie summier net uit bedryf gehaal word nie.

“Pypbreuke en/of watertekorte kan daardeur veroorsaak word,” voeg sy by. “Die tegniese departement is besig met ondersoeke en toetse rakende die drukbeheer, vlak- en vloeibeheer sodat die reservoir uit bedryf gehaal kan word.

“Die hidroulika is kompleks en bogenoemde ondersoeke, met die waarskynlike vervanging van komponente, strek nie net om die ou Oos-reservoir nie, maar ook na die drukbeheermeganismes op die toevoerlyn bo in Schoemanshoek.

“Die ondersoeke en vervanging neem tyd en intussen is die bedryf van die reservoir aangepas sodat daar so min as moontlik waterverlies is.”

* Dinsdag was die Raubenheimerdam 31,54% vol. Volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit was die gemiddelde waterverbruik in die dorp verlede week 9,76 megaliter water per dag.

Ingevolge waterbeperkings mag geen

sportterreine, parke en ander met water uit die Raubenheimerdam besproei word nie. Gryswater word gebruik. Die gebruik van boorgatwater moet met ’n kennisgewing aangedui word. Geen swembaddens in privaat besit mag met munisipale water volgemaak word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.