Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Makhanda se waternood raak groot

Hoewel dit nie ’n beduidende verskil gaan maak nie, het die onlangse reën ’n positiewe uitwerking gehad op die Howieson’s Poort-dam in Makhanda (Grahamstad).

Amptenare van die munisipaliteit sê die dam is tans 21,3% vol teenoor 18,3% verlede Vrydag.

Gift of the Givers se span kenners boor tans op sekere plekke in Makhanda vir water. Foto: Lulama Zenzile

Anele Mjekula, woordvoerder, sê die naweek se reën het egter geen verskil gemaak aan die watervlak van die Settlers-dam nie.

Vrydag was die dam 9,3% vol en Maandag 9,1%.

Die Waainek-watersuiweringsaanleg pomp steeds nie water teen volle kapasiteit nie weens werk wat tans aan die filters gedoen word. Net vier van die ses filters word gebruik, wat veroorsaak dat watervoorsiening in die westelike dele van die dorp afwisselend is.

Die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg voorsien tans 5 megaliter gesuiwerde water per dag, want net een pomp word gebruik. Na verwagting sal albei die pompe teen Dinsdag in werking wees.

Dr. Imtiaaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het ’n beroep gedoen op die regering, alumni van die Rhodes-Universiteit, omliggende skole, en Suid-Afrikaners in die algemeen om hulp te verleen tydens die krisis.

Gift of the Givers is al die afgelope maand in Makhanda besig om inwoners wat in nood is, te help.

Sooliman sê die ingrypings in Makhanda kan in die toekoms gebruik word as ’n model om ander plekke in die land ook te help.

“Ons is saam in hierdie ding. Nou is nie die tyd om vinger te wys nie en ook nie vir politiekery of opportunisme nie. Dit is tyd vir vrygewigheid, samewerking en altruïsme. Makhanda is besig om te sink. Ons moet optree, en vinnig ook.”

Sooliman het daarop gewys dat desperate mense van alle rasse, kulture en ouderdomme in hul honderde wag om water te ontvang. “Sommige van die mense wat water kry het soms vir weke nie ’n druppel water ontvang nie,” sê hy.

Dit gaan na raming R30 miljoen kos om Makhanda uit sy waternood te red, meen Sooliman.

Dit moet onder meer gebruik word vir die boor van boorgate, die voorsiening van gebottelde water, om watertoetse te doen, vir pompe, filtrasiestelsels, ondergrondse pype, elektriese verbindings, watertenke, logistieke uitgawes en om kenners te betaal.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Makhanda  |  Droogte  |  Waternood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.