Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Makhanda wil help betaal vir waterhulp

Afgevaardigdes van die Makhanda-munisipaliteit sê hulle kyk hoe die munisipaliteit die Gift of the Givers kan vergoed vir werk wat die organisasie gedoen het om die nood tydens die waterkrisis te verlig.

Gift of the Givers het verlede week aangekondig hulle het hul humanitêre hulp aan die dorp onttrek omdat hulle nie daarmee kan volhou sonder die finansiële steun van die regering nie.

Die organisasie het oor ’n tydperk van 13 weke meer as R15 miljoen bestee om inwoners uit hul waternood te red.

Die organisasie Gift of the Givers het inwoners van Makhanda in die Oos-Kaap uit hul waterkrisis gered. Foto: Lulama Zenzile

Anele Mjekula, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit kyk hoe hulle die Gift of the Givers kan vergoed vir die werk wat hulle reeds gedoen het.

Volgens Mjekula het amptenare van die departement van water en sanitasie, die munisipaliteit en hul afdeling vir munisipale infrastruktuur, saam met Gift of the Givers die werk assesseer wat reeds gedoen is.

Die betrokke partye het ook gekyk hoeveel dié werk die organisasie gekos het.

“Ons is baie jammer oor die misverstand wat ingesluip het in aanloop tot die proses en ons wil nie hê dit moet die verhouding wat ons met Gift of the Givers opgebou het, negatief raak nie,” sê Mjekula.

Luidens die munisipaliteit gaan al die rolspelers weer Donderdag ontmoet om sake uit te stryk.

Gift of the Givers het op die versoek van die munisipaliteit in Makhanda opgedaag om hulp te verleen toe daar ’n krises was.

Hulle het in die dorp aangedoen toe die munisipaliteit nie in staat was om inwoners wat in die oostelike deel van die dorp woon met water te voorsien nie, vanweë ’n probleem by die James Kleynhans-watersuiweringsaanleg.

Daar is ook boorgate in en rondom die dorp gesink.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Waternood  |  Droogte  |  Betaling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.