Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Meeste van W-Kaap begin 2021 met heelwat voller damme

Die Wes-Kaap skop 2021 af met die meeste damvlakke aansienlik hoër as verlede jaar. Die grootste damme in die provinsie is nog sowat 90% vol.

Teen Maandag was die gemiddelde damvlak in die provinsie op 70,9% teenoor 72,7% verlede week en 55,6% in die ooreenstemmende tydperk in 2020.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het van 92,5% tot 90,6% in die afgelope week gedaal, teenoor 74,2% ’n jaar gelede.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 94,6% tot 92,9% gedaal. ’n Jaar gelede was dit op 65,7%.

Die vlakke van ander damme wat aan Kaapstad water verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 86,7% (89,1% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 75,8% (76,4%);

• Voëlvleidam: 86,1% (88,6%);

• Bergrivierdam: 91,7% (93,7%); en

• Wemmershoekdam: 91,4% (93,1%).

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 79,6% tot 74,9% gedaal, teenoor 60,7% dié tyd verlede jaar.

grafiek

In die Karoo is talle damme nog minder as 10% vol, terwyl goeie reën by Beaufort-Wes vir ’n stewige styging gesorg het:

• Die Floriskraaldam naby Laingsburg: 10,7% (11,1% verlede week);

• Calitzdorpdam: 51,6% (52%);

• Leeu-Gamkadam: 3,3% (5%);

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 22,9% (15,3%) met 45,8 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,2% (0,3%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 8,1% (8,1%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,01% (0,1%).

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke effens gedaal. Van die grootste damme is egter steeds meer as 90% vol, teenoor minder as 50% ’n jaar gelede:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 99,4% (100,1% verlede week);

• Korentepoortdam naby Riversdal: 97,1% (99,2%);

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 63,7% (64,7%); en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%) met 4,6 mm reën in die voorafgaande sewe dae.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damme  |  Damvlakke  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.