Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Miljarde nodig vir water in Noord-Kaap

Die Noord-Kaap het miljarde rande nodig om sy waterinfrastruktuur midde-in ’n voortslepende droogte op te knap en uit te brei.

Volgens syfers wat die provinsiale regering bekend gemaak het, het 10 727 huishoudings in formele nedersettings tans nie toegang tot lopende water nie, terwyl 34 464 huishoudings ook nie sanitasiegeriewe het nie.

Die provinsiale regering sê 72% van dorpe in die provinsie maak staat op ondergrondse water, 26% is afhanklik van bogrondse water en 2% gebruik ’n kombinasie van bogrondse en ondergrondse water.

Die Noord-Kaapse regering het R22 miljard nodig om sy waterinfrastruktuur op te knap, terwyl R5 miljard nodig is om te verseker dat inwoners toegang tot sanitêre geriewe het.

Bentley Vass, LUR vir menslike nedersettings en tradisionele sake, het Vrydag dié syfers op ’n virtuele vergadering van die parlementêre komitee vir menslike nedersettings bekend gemaak.

Vass sê die uitdagings is weens die droogte en die munisipaliteite moet ernstige uitdagings die hoof bied.

Voorbereidings vir die verspreiding van die koronavirus het die provinsie gehelp omdat 800 watertenks aan die gemeenskappe beskikbaar gestel is.

Hy sê egter die owerhede sukkel om die tenks vol te hou.

Vass sê al vyf streke in die Noord-Kaap het groot kontantinspuitings nodig om waterprobleme op te los.

’n Plaas in die Boesmanland tydens die droogte. Foto: Verskaf/Theresa Kennedy

Hy sê die volgende munisipaliteite het onderskeidelik die volgende bedrae nodig:

* Francis Baard – R11 miljard;

* John Taolo Gaetsewe – R3,9 miljard;

* Namakwa – R2 miljard;

* Pixley Ka Seme – R1,6 miljard; en

* ZF Mgcawu – R3,1 miljard.

Die provinsie is die ergste getref weens die droogte en duisende stuks vee het die laaste paar jaar weens die droogte gevrek in ’n provinsie waar veeboerdery die belangrikste inkomstebron is.

Volgens Agri Noord-Kaap het die droogte al meer as 50% van die provinsie se veekuddes uitgewis, met 100 000 plase wat deur die droogte geraak word.

Die provinsie het sedert 2010 sewe droë jare en drie goeie reënjare gehad. - News24

Meer oor:  Ramptoestand  |  Droogte  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.