Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
‘Minister, help kommersiële boere nou ook’

Hy hoop Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sal so gou moontlik sê watter hulp die regering aan kommersiële boere in droogtegeteisterde gebiede gaan bied.

Só sê Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende hoof van Agri SA in reaksie op ’n verklaring waarin Didiza sê die Covid-19-hulp wat die regering tot dusver aan sowat 15 000 bestaans- en kommunale boere gegee het, sal help om voedselsekerheid in die land te bring. Dié hulp beloop sowat R500 miljoen.

Daar sal vandeesweek ’n besluit geneem word oor wie van die oorblywende 30 000 boere wat aansoek gedoen het, gehelp sal word, sê Didiza.

Van der Rheede sê volgens Statistieke SA se syfers bied kommersiële boere werk aan sowat 700 000 mense.

“Ons wag baie angstig op die regering se aankondiging oor hoe hy kommersiële boere in die droogtegeteisterde gebiede gaan bystaan. Dit gaan nie net oor die boere en hul werkers nie, maar ook oor die likwiditeit van die Landbank,” sê hy.

Die regering moet kommersiële boere ook in dié moeilike tyd bystaan, sê twee van die land se grootste landbou-organisasies.Foto: Conrad Bornman

“As die Landbank (wat reeds in erge finansiële moeilikheid is) sy deure gaan toemaak, sit ons met ’n baie groot krisis, want baie boere het deposito’s in die Landbank wat amper R500 miljoen beloop. Baie van die boere is ook al jare lank kliënte van die Landbank. Die regering moet benewens die kommersiële boere ook die Landbank help.”

Didiza sê meer as 55 000 bestaans- en kommunale boere het aansoek gedoen om die R1,2 miljard se Covid-19-pandemiehulp wat die regering beskikbaar gestel het.

“Die groot vraag is hoe monitor die regering dat dié geld wat hy nou uitbetaal, vir boerdery aangewend sal word,” sê Van der Rheede.

“Ons sal graag van die minister meer fyner besonderhede wil hoor.”

Didiza sê in ’n verklaring die meeste bestaans- en kommunale boere wat om hulp aansoek gedoen het, kom uit die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes. Sowat 5 500 van die aansoekers was vroue.

Louis Meintjes, president van TLU SA, sê Didiza moet eerlik wees en erken dat die departement bestaansboere help wat hoofsaaklik ANC-ondersteuners is.

“As die doelwit werklik is om voedselproduksie vir die land te verseker, moet kommersiële boere – wat vir Suid-Afrika se voedselsekerheid verantwoordelik is – ook gehelp word.”

Meintjes wys daarop volgens statistieke van Stats SA is bestaans- en kommunale boere se bydrae tot die nasionale kosmandjie slegs 1,9% van die totaal.

Meer oor:  Agri Sa  |  Christo Van Der Rheede  |  Thoko Didiza  |  Boere  |  Bystand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.