SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Droogte
‘Mooi om te sien’ hoe skilpad drink ná reënbui

’n Skilpad het Woensdag sy kop sommer diep onder die reënwaterpoel in die Mokala Nasionale Park buite Kimberley gedruk ná ’n goeie reënbui naby die Lilyveld-ruskamp.

Donderweer en blitse en ’n vinnige reënbui het ook oor Kimberley uitgesak.

’n Skilpad het Woensdag sy kop sommer diep onder die reënwater in die Mokala Nasionale Park buite Kimberley gedruk en water gedrink.Foto: Japie Claassen

Japie Claassen, ’n toergids wat met ’n groep toeriste in die reën in Mokala Nasionale Park gery het, het gesê hulle was verheug. Die reënbui het net na 13:00 uitgesak.

“Ons ken mos nie meer reën nie.”

Hy bly in Beaufort-Wes.

“Ek hoop dit het meer as 10 mm gereën, want dit het so gevoel. Ek het baie foto’s geneem.”

Hy het ook op twee skilpaaie afgekom, met een wat in ’n poel gestaan het.

“Hy het sy kop diep onder die water gedruk en gulsig water gedrink. Dit was pragtig om te sien. Dinsdag het so ’n stofnatbui ook in die park uitgesak.”

Hulle het drie dae in die park bestee en was voor dit op besoek aan die Kgalagadi Oorgrenspark.

“Ons hoop dit is die begin van baie reën in die streek en dat die boorgate en damme weer vol loop.”

Johan de Klerk, Mokala-parkhoof, sê dit het nie in die Mosu-ruskamp waar sy kantoor is, gereën nie.

“Dit het net op ’n kol gereën, wat ek reken minstens 6 km van die kantoor was. Ek sal eers Donderdag die inligting kry oor hoeveel en waar in die park dit gereën het.

“Dit is droog in die park, maar daar is nog weiding vir die wild. Die damme het almal opgedroog en ons is van boorgate, wat deur windpompe en sonkrag gedryf word, afhanklik.”

Die park het in Junie vanjaar laas reën gehad.

Een van die paaie in die Mokala Nasionale Park het Woensdag na ’n reënbui in ’n dam ontaard.Foto: Japie Claassen
Meer oor:  Kimberley  |  Skilpad  |  Droogte  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.