Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
N-Kaap steeds op sy knieë, kry net derde van droogtehulp
Vir boere in die Noord-Kaap is dit 'n emosioneel om te sien hoe hul besighede agteruitgaan.

Minder as ’n derde van die droogtehulp van R300 miljoen wat vir die Noord-Kaap bestem is, sal vir boere aangewend word.

Slegs R85 miljoen sal beskikbaar gestel word vir die landbousektor (opkomend en kommersieel) vir boorgate, watervoorsiening en bystand ten opsigte van water.

So sê Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir uitnemendheid: ekonomie en handel.

Hy twyfel of dié geld enigsins vir droogtehulp oorweeg sal word.

Die plaas Volstruisfontein tussen Calvinia en Williston het nog geen reën gekry nie. Foto: Ilze Myburgh
droogte, Noord-Kaap
Grafika24

“R215 miljoen gaan na munisipaliteite toe wat onder druk is ten opsigte van hul watervoorsiening, wat niks met droogtehulp te doen het nie.”

Omdat die droogtenood net so groot as voor Desember is, kan Agri Noord-Kaap nie sy pogings verslap om vir droogtehulp te beding nie.

Hoewel sekere dele reën gekry het, is dit nie naastenby genoeg om die ramp te keer nie. “Daarvoor het jy ten minste 150 mm nodig.”

Volgens hom is slegs 15 mm tot 20 mm by plekke gemeet, terwyl die gemiddelde minimum reënvalsyfer 180 mm is.

Verder het dié reën oor Desember en Januarie baie geïsoleerd voorgekom.

Die hele Sentraal-Karoo en Namakwaland is die “oliekol” wat nog reën moet kry.

’n Gebied waar daar ’n kritieke droogtetoestand heers, is wes van die N12.

“Daar is ook enkele gebiede op die N12, rondom Hopetown, Strydenburg en Victoria-Wes, waar dit ook baie droog is.

“Maar die grootste gedeelte is wes van die N12 en in die sentrale deel daarvan, aan die suidekant (Carnarvon, Williston, Calvinia) en dan om by Loeriesfontein op na die middel van Boesmanland, na Brandvlei en op na Pofadder toe.

“Veral hier by Kenhardt is dit baie droog. Ook weswaarts in Namakwaland, by Springbok, Kamieskroon en Garies, is dit ongelooflik droog.

“Nêrens is daar ’n distrik waar ons met droogtehulp kan stop nie.”

As dit nie teen Mei reën nie, sal Hannes Esterhuyse van die plaas Volstruisfontein tussen Calvinia en Williston sy hekke moet sluit.

Hy boer reeds vier jaar teen ’n verlies.

Vir ons is dit ’n emosionele ding om te sien hoe jou besigheid agteruitgaan.
Bettie Langner is betrokke by skenkings vir die boere in die Karoo. Foto: Ilze Myburgh
Albert du Toit is een van die bejaarde boere in die Calvinia-distrik wat by moedverloor se vlakte is weens die droogte. Foto: Ilze Myburgh

“Vir ons is dit ’n emosionele ding om te sien hoe jou besigheid agteruitgaan.”

Maar nog elke keer wat hy moed verloor het, was daar ’n deurbraak. Hy onthou een Vrydag wat daar net R2 000 in sy rekening was en hy die Maandag R10 000 se voer moes gaan koop.

Daardie selfde aand het ’n ou skoolvriend, wat hy dekades laas gesien het, R10 000 in sy rekening inbetaal.

* Die waterkrisis op Vanwyksvlei gaan nou sy vierde jaar binne. Deon Oberholzer, ’n voorsitter van die boerevereniging, sê daar is net 25 liter per gesin per dag beskikbaar.

“Daar is mense wat sê hulle kan nie eintlik oorleef nie. Dit is op ’n mespunt.”

Daar is volgens hom nog geen aanduiding dat die munisipaliteit die geld gaan aanwend om die krisis op te los nie.

Daar is nie uitkoms vir kwesbare bejaardes nie

Ilze Myburgh, ’n fliekvervaardiger van Somerset-Wes, was deel van ’n span wat ’n dokumentêr oor die droogte in die Karoo, The Devastation of Drought, gemaak het.

Wat haar die meeste geraak het, was kwesbare bejaardes op plase in die Calvinia- en Williston-streek wat nie ’n uitkoms het nie.

“Ek wil graag mense tot in die huise en tot op die plase van die boere, hul families en hul werkers bring. Sodat mense die ware hartseer van die droogte saam met hulle kan ervaar.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.