Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
N-Kaapse meisie gee haar geld vir droogtehulp

Dis nie aldag dat ’n kind haar verjaardaggeskenke sal prysgee om ’n ander te help nie.

Zandri Visser tussen die bale voer wat met haar verjaardaggeld gekoop is.

’n Noord-Kaapse meisie met ’n ruim hart vir die plaaslewe het pleks van geskenke op haar verjaardag eerder geld vir droogtehulp gevra.

Zandri Visser (8) van Olifantshoek se verjaardagpartytjie op 15 Februarie het ’n plaastema gehad.

Leandri, haar ma, sê sy is baie trots, maar het Zandri eers ’n paar keer gevra of sy seker is van haar besluit voordat dié versoek op die uitnodigings aangebring is.

“Ek was bang dat sy nie regtig die invloed verstaan dat niemand vir haar ’n geskenkie gaan bring nie.”

Dié gr. 2-leerling aan die Akademiese Hoërskool CVO Kalahari het baie maats wat op plase woon. Leandri vermoed hul plaaspraatjies het Zandri se hart aangeraak.

Sy het uiteindelik R1 000 gehad om voer te koop en het ook ’n skenking van vyf bale gekry.

Vyf boere in die omgewing se name is op lootjies aangebring.

Zandri het Roelof Spangenberg van die plaas Smithers 30 km buite Olifantshoek getrek.

Leandri sê Spangenberg was ontsettend opgewonde en dankbaar oor die lusernbale.

“Hy het baie vir haar dankie gesê en haar ’n drukkie gegee.”

Skape vreet aan die voer wat Zandri Visser met haar verjaardaggeld gekoop het.
Die voer wat Zandri Visser met haar verjaardaggeld gekoop het.
Zandri Visser by haar ouers, Willie en Leandri.

Dié bees- en skaapboer sê dit is die regte skenking op die regte tyd.

“Ons reën het net verlede week begin val en ek moes al my lammers weens giftige plante wat opkom van die veld haal en in die voerkraal sit,” sê hy.

“Die liewe Vader verbaas ’n mens elke dag.”

Die boodskap van Willie, Zandri se pa, het hom heeltemal onkant betrap.

“Ek het nie geweet wat om te antwoord nie, omdat ek nie geweet het hoe ek ’n meisietjie se verjaardaggeldjie kan aanvaar nie.”

Hy sê dit is reeds ’n ongelooflike gevoel om droogtehulp van onbekende mense te kry, maar dit is wonderlik om dit van ’n kind te kry.

“ ’n Grootmens is daarop ingestel om vir ’n kind te sorg, nie andersom nie.”

Spangenberg sê lusern is duur, maar dit is ’n belangrike deel vir diere se oorskakeling van die veld na die voerkraal.

Hy moes reeds al sy beeste verkoop omdat sy bronne uitgeput is.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Verjaardag  |  Geskenke  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.