Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Nie ’n enkele vol dam in Limpopo

Daar is nie ’n enkele dam in die droogtegeteisterde Limpopo wat 100% vol is nie.

Vyf damme is so te sê dolleeg, luidens ’n dokument van die nasionale departement van waterwese.

Die Tzaneendam het volgens dié departement se jongste statistieke Maandag slegs 5% water gehad en die Modjadji-dam is byna leeg met net 3% water.

Die Doorndraaidam buite Mokopane is 10% vol en die Middel Letaba-dam, tussen Giyani en Louis Trichardt, het slegs 2% water in. Die Glen Alpine-dam in die Blouberg-distrik is 43% vol.

Die algehele stand van die 28 damme in Limpopo is 49% teenoor 60% in die ooreenstemmende tydperk in 2018.

Damme in Limpopo is slegs 50% vol. Die Doorndraaidam buite Mokopane (Potgietersrus) is van die leegste in die provinsie met slegs 9% water. Foto: Facebook/Willie van der Merwe

Lindiwe Sisulu, minister van waterwese, het vroeër vandeesweek gesê 162 dorpies en omliggende gebiede in Limpopo word ernstig deur die voortslepende droogte geraak.

Van die gebiede wat erg onder die knellende droogte gebuk gaan is Giyani in die Mopani-distrik waar inwoners al vir etlike jare sonder lopende water is.

Dit is grootliks weens die mislukte Giyani-grootmaatwaterprojek wat die afgelope agt jaar al sloer. Die projek van meer as R3 miljard was veronderstel om die Giyani-gebied, wat sowat 50 klein nedersettings insluit, van water te voorsien.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het verlede Maandag toegeslaan op die kantore van Lepelle Northern Waterraad in Polokwane.

Dié waterraad was veronderstel om die Giyani-waterprojek te implementeer.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, sê daar is op dokumente beslag gelê wat gefynkam sal word om vas te stel wat met die projek fout gegaan het. Indien daar werknemers is wat betrokke was by tenderkorrupsie sal hulle strafregtelik vervolg word.

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, het die stap van die SOE verwelkom en sê dit is ’n skande dat inwoners van Giyani steeds nie skoon drinkwater het nie.

Sisulu sê die departement van waterwese het in die 2018-’19-boekjaar R97 475 miljoen aan Limpopo gegee om te help met die droogte. Die bestaande programme wat geprioritiseer is om geïmplementeer te word in die 2019-’20-boekjaar om te help met droogtehulp beloop tot dusver R506 600 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat dit van Donderdag in Limpopo sal reën.

grafika

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Droogte  |  Damme  |  Limpopo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.