Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Nuwelingboere verlig ná voerskenking, reën
Stoney Louw, voorsitter van die Jacobsdal-vereniging vir nuwelingboere, en Leon Ceazar, ondervoorsitter, kyk na die lys name van boere wat veevoer van Gift of the Givers moet ontvang. Foto: Emile Hendricks

Sowat 40 nuwelingboere het ’n sug van verligting geslaak ná die onlangse reën en ’n ruim skenking van veevoer.

Die organisasie Gift of the Givers en Meadow Feeds het sowat 500 sakke veevoer wat elk 50 kg weeg aan dié boere geskenk. Die boere het weens die droogte veeverliese gely.

Hulle boer op meentgrond van die Letsemeng-munisipaliteit buite Jacobsdal.

Volgens Emily Thomas, projekbestuurder van Gift of the Givers, het die organisasie in Januarie betrokke geraak om boere in die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal te help. “Die droogtehulp is een van ons grootste noodlenigingsprojekte in die land.

“Ons het vroeër die week 500 sakke veevoer aan kommersiële boere by Bultfontein geskenk. Ons skenk veevoer, water en opgaartenks, en ons het boorgate in Smithfield, Fauresmith en Qwaqwa gesink,” het sy gesê.

Gift of the Givers het 500 sakke veevoer aan ontluikende boere in Jacobsdal geskenk. Die voer is in die Ratanang-woonbuurt afgelaai en met bakkies na die meentgrond gebring. Foto: Emile Hendricks

Volgens haar is die omstandighede steeds baie moeilik en moet hulle steeds oral hulp verleen.

Leon Ceazar, ’n boer en die ondervoorsitter van die plaaslike vereniging vir nuwelingboere, sê die veevoer is baie welkom. Hy boer met bokke, beeste en varke.

Vrywilligers van die Gift of the Givers laai die veevoer af. Foto: Emile Hendricks

“Ek het twee koeie en twee kalwers weens die droogte verloor. Boerdery lê my na aan die hart, al boer ek nog nie so lank nie. Wanneer die diere nie in ’n goeie kondisie is nie, kan ’n mens nie goeie pryse behaal nie. Die boere moet maar tevrede wees met wat hulle kry.

“Ons verskaf diere aan mense vir begrafnisse en troues.

“Ek staan soggens vroeg op om die diere te versorg. Ek het vreeslik vir die skenking gebid en is baie dankbaar daarvoor.”

Die meeste boere is pensioentrekkers wat in die Ratanang-woonbuurt bly.

Talle van hulle het nie voertuie om gereeld na die diere te gaan kyk nie. Hulle moet loop of fietsry.

Boere met bakkies het hul medeboere gehelp deur die voer na die meentgrond te bring.

John Rampaleng sê hy boer reeds van 1997. Hy het 18 skape en 11 beeste weens die droogte verloor. Hy is baie dankbaar oor die 12 sakke veevoer wat hy gekry het. Hy sê die onlangse reën was goed, hoewel dit effe laat was. Dit sal winterweiding bied.

Meer oor:  Droogte  |  Gift Of The Givers  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.