SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Droogte
Oos-Kaap: ‘Kriteria vir droogtehulp verander’

Die vrees bestaan dat Oos-Kaapse boere se aansoeke om droogtehulp afgekeur kan word nadat die provinsie op die nippertjie die kriteria vir kwalifikasie verander het.

Die provinsie se spertyd vir die indiening van aansoeke om droogtehulp het Vrydag verstryk.

Retief Odendaal, DA-LPW, sê egter die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het verlede week ’n memorandum uitgestuur waarin die ondersteunende dokumente wat die aansoeke moet vergesel, verander is.

Daar word nou vereis dat boere bewys lewer dat hulle die eiendom besit of die grond huur deur ’n afskrif van ’n titelakte of ’n huurooreenkoms, of ’n beëdigde verklaring by die aansoek aan te heg.

“Vir baie van die boere is hierdie dokumente nie onmiddellik beskikbaar nie aangesien titelaktes byvoorbeeld deur die verbandhouer gehou word, terwyl beëdigde verklarings deur die plaaseienaar uitgereik moet word. Dit is gevolglik hoogs onwaarskynlik dat hulle aan hierdie vereistes sou kon voldoen,” sê Odendaal.

Hy sê dit kan ook ’n beduidende impak hê op opkomende boere wat van dorpsgrond gebruik maak om hul vee te laat wei omdat hulle kan sukkel om die nodige dokumente te bekom.

Hy het aan Nomakhosazana Meth, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, geskryf om te vra dat die bykomende vereistes geskrap word aangesien dit die lewe vir potensiale aansoekers moeilik kan maak om droogtehulp te kry, of selfs teen hulle kan diskrimineer, sê Odendaal.

“Die doel met droogtehulp is om van die ergste druk waaronder ons boere verkeer, te verlig, en nie om meer druk te plaas op ’n reeds onhoudbare situasie nie,” sê hy.

Meer oor:  Retief Odendaal  |  Oos-Kaap  |  Landbou  |  Droogtehulp  |  Droogte  |  Da  |  Kriteria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.