Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Oos-Kaapse damvlakke styg effens, maar steeds leër as in 2019
Waterpoele Donderdag in die Walmer-township in Port Elizabeth nadat enkele reënbuie die afgelope week oor die Nelson Mandelabaai-metro uitgesak het. Foto: Lulama Zenzile

Ondanks watervlakke van Oos-Kaapse damme wat die afgelope week effens gestyg het, is dit steeds 10% laer vergeleke verlede jaar in die ooreenstemmende tydperk.

Gesamentlik het Oos-Kaapse damme se watervlak verlede jaar dié tyd op 57,1% gestaan.

Die afgelope week het die damvlakke van 46,4% tot 47,3% gestyg, danksy verspreide reënbuie oor dele van die provinsie.

Volgens die departement van water en sanitasie het die Oos-Kaap se reservoirs ’n gesamentlike kapasiteit van 15 653 kubieke meter, wat tans sowat 856,8 kubieke meter water bevat.

Beplanning van die departement om watertoevoer na die droogtegeteisterde gebiede te verseker, gaan steeds voort.

Die R723 miljoen wat oor drie boekjare hiervoor geoormerk is, sal onder meer moontlik gebruik word om ’n pyplyn te installeer wat water uit die Tsomorivier na ’n watersuiweringsaanleg in Ngqamakhwe afvoer om water aan Butterworth te verskaf.

“Op die oomblik is grondwater die enigste waterbron vir Butterworth. Dis nie altyd die beste gehalte nie en moet vir menslike gebruik gesuiwer word,” lui die departement se verklaring.

Intussen is ’n boorgat in die Chris Hani-distriksmunisipaliteit vir die Enoch Mgijima-streek gesink vir watertoevoer na verskeie dorpe en nedersettings wat deur die droogte geraak word.

In die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit het die departement met die munisipaliteit, plaaslike landbouvereniging en ander sektore saamgespan om verligting te bring in dorpe met ’n watertekort.

Die departement het ook ’n grondwaterprojek in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit op die been gebring, wat die sink van boorgate en toets van watergehalte behels.

Verdere ingrypings oor die provinsie heen sluit in die sink en herstel van boorgate, grondwater-ontwikkeling, die herstel van gebarste waterpype, die installering van watermeters en die toerus van boorgate.

Die ligte reën wat die afgelope tyd oor die metro uitgesak het, het slegs tot ’n 0,03%-styging in watervlakke vir damme tussen Maandag en Donderdag gelei.

Die Nelson Mandelabaai-metro het ook Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin hulle inwoners daaraan herinner dat waterbeperkings steeds van krag is.

Die ligte reën wat die afgelope tyd oor die metro uitgesak het, het slegs tot ’n 0,03%-styging in watervlakke vir damme tussen Maandag en Donderdag gelei.

“Die onlangse verspreide reën in die Nelson Mandelabaai-metro het dalk verligting vir plante gebring en water in tenks aangevul, maar dit het geen noemenswaardige uitwerking op die vlakke van ons hoof-watertoevoerdamme gehad nie,” lui die metro se verklaring.

Die damvlakke in die metro het Donderdag gesamentlik op 29,43% gestaan.

Andile Lungisa, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur, elektrisiteit en ingenieurswerke, het in die verklaring gesê die jongste weervoorspelling skets ’n donker prentjie en alle inwoners moet by die streng waterbeperkings hou.

Waterverbruik is tot 50 liter per persoon per dag beperk.

Die gebruik van tuinslange met munisipale water is steeds verbode om tuine nat te maak, motors te was of swembaddens en fonteine vol te maak.

Inwoners moet ook alle boorgate by die munisipaliteit registreer en aan die gepaardgaande voorwaardes voldoen.

Waterlekke kan by die metro se dienssentrum aangemeld word deur 0800 20 50 50 te skakel.

*Die watervlakke van die damme wat water aan die metro voorsien, het Donderdag as volg gelyk:

*Kougadam – 22,73 %;

*Churchilldam – 88,87 %;

*Impofudam – 16,76 %; en

*Groendaldam – 31,87 %.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Waterkrisis  |  Damvlakke  |  Droogte  |  Damme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.