Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Organisasie wil water van George-dam na Oudtshoorn aanry

Die organisasie South African Water Warriors is dringend op soek na watertenkwaens om water van die Tuinroetedam in George in die Suid-Kaap na boere in Oudtshoorn te vervoer.

Die George-munisipaliteit het vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat 9% water van die Tuinroetedam uitgetap moet word sodat die oorloop van die dam verhoog kan word. Die dam was Maandag 82,96% vol.

Die oorloop van die Tuinroetedam in George.Foto: Verskaf

Pieter du Plessis van SA Water Warriors, ’n organisasie sonder winsbejag, sê hulle het nog geen tenkwaens gekry nie. “Ons het nog geen aanbiedinge gehad nie.”

Du Plessis-hulle wil die water uit die dam pomp en dan in tenkwaens na Oudtshoorn vervoer om dit vir besproeiing en vir diere in droogtegeteisterde gebiede te gebruik. Daar is meer as 100 gesinne in Oudtshoorn en hul werkers en diere wat geraak word.

Verlede maand is onder meer sowat agt ton kos – kos vir mense en twee ton hondekos – van oral in die land deur die organisasie na Oudtshoorn aangery. Die skenkings kom grotendeels van die publiek.

Athane Scholtz, ’n munisipale woordvoerder van George, sê die George-munisipaliteit het toestemming gegee dat Water Warriors water mag onttrek uit die Tuinroetedam op die organisasie se eie koste en met sy eie hulpbronne.

Dit moet geskied in samewerking met die kontrakteur en met die verstandhouding dat die damvlak gemonitor en bestuur word.

“Die gebied is nou ’n streng geentoegang-gebied weens die veiligheidsimplikasies, en toegang en alle reëlings moet met die kontrakteur getref word,” sê Scholtz.

Die kontrakteur is reeds op die bouterrein. Die werk by die Tuinroetedam behels onder meer die verhoging van die oorloop-stuwal, die struktuur wat vloedwater vrylaat om te keer dat dit oor die damwal vloei.

Die munisipaliteit het vroeër gesê by voltooiing van die projek sal die dam 25% meer water kan berg. Die bouwerk sal sowat agt maande duur.

Vlak 2-beperkings is tans van krag in George se munisipale gebied.

Mense wat kan help, kan Du Plessis by 076 844 6435 bel.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Waternood  |  Skenking  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.