Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Oudtshoorn se dam effens voller

Die vlak van die Raubenheimerdam by Oudtshoorn het effens gestyg.

Die damvlak het van 30,3% verlede week tot 31,12% vandeesweek gestyg, het Ntobeko Mangqwengqwe, ’n munisipale woordvoerder, op die Oudtshoorn-munisipaliteit se WhatsApp-groep gesê.

’n Vroeëre foto van die Raubenheimerdam in Oudtshoorn. Foto: Verskaf

Op ’n spesiale raadsvergadering Donderdag is bekendgemaak dat die huidige watertariewe aangepas sal word ingevolge ’n openbaredeelnameproses, waarna die raad ’n besluit sal neem oor aangepaste waterbeperkings, volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit se Facebook-blad.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het vandeesweek onder meer bekend gemaak dat ’n moratorium geplaas word op alle besproeiing by munisipale eiendom.

Dit kom nadat Oudtshoorn se stadsraad vroeër vandeesmaand die dorp as ’n rampgebied verklaar het weens ’n waterkrisis. ’n Waterkrisiskomitee, bestaande uit raadslede en senior bestuurslede van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is ook verlede week op ’n spesiale raadsvergadering gekies. Spesiale aandag sal gegee word aan die herstel van lekkasies in die groter Oudtshoorn.

Tertius Simmers, die DA se kiesafdelingshoof vir Oudtshoorn, sê in ’n verklaring hoewel die gebied meer reënval gekry en die damvlak gestyg het, moet almal saamwerk om seker te maak dat die gebied se watervoorraad nie opraak nie.

Volgens Simmers het hy aan Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, geskryf om te vra dat sy departement meganismes in plek stel en bystand verleen aan die Oudtshoorn-munisipaliteit om die droogte die hoof te bied.

Volgens Simmers sal watertariewe aangepas word wat onderworpe is aan ’n een maand lange openbaredeelnameproses. Daarna sal die Oudtshoorn-stadsraad ’n besluit neem oor die aangepaste waterbeperkings.

Hy sê die huidige waterkrisis moenie gesien word as ’n tydelike verskyning wat in ’n jaar of twee opgelos gaan word nie, omdat die veranderlikheid van die weer op die teendeel dui. Dit is ’n langtermyn-probleem wat substansiële ingryping van die regering sal verg om toe te sien dat die Groter Oudtshoorn se watervoorraad volhoubaar is.

Volgens hom is die DA in die Wes-Kaap daartoe verbind om seker te maak dat die regte bronne in plek is om die mees kwesbare gemeenskappe teen die droogte te beskerm.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vandeesmaand bekend gemaak dat die oostelike gedeelte van die Wes-Kaap, en in besonder Oudtshoorn, bogemiddelde temperature en ondergemiddelde reënval vir die volgende ses maande kan verwag.

Meer oor:  Raubenheimerdam  |  Tertius Simmers  |  Oudtshoorn  |  Water  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.