Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Oudtshoorn tot rampgebied verklaar

Die stadsraad van Oudtshoorn het Woensdag op ’n spesiale raadsvergadering die munisipale gebied tot rampgebied verklaar weens die watertekort.

Die Raubenheimerdam se water sal nog net 160 dae hou.

Ons sal alle beskikbare bronne gebruik om te verseker dat die groter Oudtshoorn meer water kry en om ons inwoners goed op te voed om beter na ons kosbaarste bron om te sien.

Die vlak van dié dam is tans 30,7% en die watervloei uit die dam is meer as die invloei, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit in ’n verklaring.

As die waterverbruik toeneem en die huidige weersomstandighede duur voort, sal die watervlak nog vinniger daal.

Colan Sylvester, Oudtshoorn se burgemeester, het ’n dringende beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik en om lekkasies en gebarste pype dadelik aan te meld.

“Dit is belangrik dat almal begin besef dat elke druppel tel en dat ’n vermorsing die waterkrisis in ’n algehele ramp kan laat ontaard,” sê Sylvester.

Volgens inligting van die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan die oostelike gedeelte van die Wes-Kaap, en in besonder Oudtshoorn, bogemiddelde temperature en ondergemiddelde reënval vir die volgende ses maande verwag.

Die munisipaliteit werk saam met talle plaaslike belanghebbendes, asook die Wes-Kaapse en nasionale regering. ’n Plaaslike risikokomitee sal op die been gebring word. ’n Kommunikasiestrategie is ontwikkel vir ’n grootskaalse veldtog om die publiek op die hoogte van sake te hou.

Wetstoepassers sal aangestel word om te verseker dat die publiek aan die waterbeperkings gehoor gee. Spesiale aandag sal gegee word aan die herstel van lekkasies in die groter Oudtshoorn.

Die stadsraad gaan ook ’n werksessie hou oor die droogtebestuursbeleid, die risikobestuursplan vir die waterkrisis en oor die kommunikasieplan oor die waterkrisis.

Volgens Sylvester beskou die raad die waterkrisis in ’n ernstige lig. “Ons sal alle beskikbare bronne gebruik om te verseker dat die groter Oudtshoorn meer water kry en om ons inwoners goed op te voed om beter na ons kosbaarste bron om te sien.”

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Rampgebied
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.