Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Plaaswerkers verloor werk weens droogte

Honderde plaaswerkers in die sagtevrugtebedryf in die gebied van Montagu tot Prins Albert het reeds hul werk verloor weens die langdurige droogte.

’n Tenkwa met water kom onlangs in die Karoo aan. Foto: Wes-Kaapse departement van plaaslike regering

Dit blyk uit ’n onlangse verklaring van Hortgro, die sagtevrugtebedryfsorganisasie, oor produsente en landbouwerkers in die bedryf.

Hortgro sê steenvrugprodusente in Montagu, Barrydale, Ladismith, Calitzdorp tot by Prins Albert kry veral baie swaar. Van hulle het reeds hul plase verloor en plaaswerkers sit ook sonder inkomste en werk.

Hortgro, die Inmaakvrugteprodusentevereniging (IVP), Agri Wes-Kaap, Agri SA en Wine TU het hulpbronne saamgevoeg om Klein-Karoo-produsente finansieel by te staan om deur die produksieseisoen te kom. Geld is ook beskikbaar gestel vir gewasbeskerming in die streek, luidens die verklaring.

Hortgro het onlangs ’n werksessie oor veerkragtigheid vir produsente en plaaswerkers in Ladismith gehou om hulle geestelik te bemagtig. Geld is ook beskikbaar gestel om sowat 1 000 kospakkies nog voor Kersfees aan die betrokke plaaswerkers in die streek te versprei.

Jannie Strydom, Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, het Sondag by navraag gesê hulle het nie syfers oor presies hoeveel plaaswerkers al hul werk verloor het weens die droogte in die Karoo en Klein-Karoo nie.

Uit Agri Wes-Kaap se droogtehulpfonds is R500 000 bygedra om produsente en plaaswerkers by te staan.

Hy kan wel sê uit Agri Wes-Kaap se droogtehulpfonds is R500 000 bygedra om produsente en plaaswerkers in die Klein-Karoo se vrugtebedryf met humanitêre hulp by te staan.

In die Sentraal-Karoo het Agri Wes-Kaap ook reeds met humanitêre hulp begin en met kerklike denominasies in gesprekke getree om berading aan boere en plaaswerkers in die gebied te lewer.

“Dan bied ons ook steeds droogtehulp aan veeprodusente in die Matzikama en die Sentraal- en Klein-Karoo,” sê Strydom.

* Verlede Donderdag is bekend gemaak dat 90 000 liter water na Ladismith en Zoar gestuur is om reservoirs vol te maak. Dit is deur die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering se rampbestuursentrum gereël. Volgens Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, is dit gedoen om korttermyn-uitdagings die hoof te bied en seker te maak dat die mense nie sonder drinkwater is nie. Beaufort-Wes, Merweville, Prins Albert, Laingsburg, Ladismith, Zoar, Calitzdorp, Herbertsdale en Buisplaas (naby Mosselbaai) is as kwesbaar geïdentifiseer vir korttermyn-watertekorte en maatreëls is ingestel.

* Produsente en belanghebbendes in ander dele van die land wat finansieel of op ’n ander manier wil help met Hortgro se droogte-ondersteuningsprogram, kan Hortgro se groepbedryfsbestuurder, Mariette Kotze, by mariette@hortgro.co.za kontak.

Meer oor:  Prins  |  Montagu  |  Waterkrisis  |  Plaaswerkers  |  Droogte  |  Werk  |  Arbeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.