SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Droogte
Premier verklaar Vrystaat as droogte-rampgebied

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, het die provinsie as ’n droogte-rampgebied laat verklaar.

“Die enigste Vrystaatse munisipaliteit wat in dié stadium geld vir droogtehulp ontvang het, is die Mangaung-metro wat R233 miljoen hiervoor gekry het,” het sy Vrydag in die Vrystaatse wetgewer gesê.

Sisi NtombelaFoto: Facebook

Dit was in antwoord op dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie, se skriftelike navraag of die Vrystaatse munisipaliteite aan die vereiste wetgewing voldoen het om betyds aansoek om verligting gedoen het. Hy wou ook weet watter Vrystaatse munisipaliteite daarin gefaal het om dit te doen, en wat die redes hiervoor is?

Jankielsohn is geantwoord dat die Vrystaatse droogte-taakspan en die toepaslike wetgewende forum van die premier van die Vrystaat, reeds die provinsie as droogte-rampgebied laat verklaar het.

Dié forum moet die droogte in die Vrystaat monitor en tegniese advies gee oor die toestand van die provinsie en hoe dit bestuur moet word.

Die forum het reeds op 20 Februarie vanjaar vergader om ’n plan op te stel oor hoe die situasie in die toekoms hanteer moet word. Dié verslag voldoen aan wetgewing van die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002) soos aangepas deur Wet 16 van 2015.

Die Vrystaatse droogte-bestuurspan het ook op 20 Februarie met hul werksaamhede begin. Nadat die tegniese bydraes van verskeie betrokke departemente ontvang is, is gesamentlik besluit dat ’n provinsiale toestand van droogte-rampgebied verklaar sal word.

Ntombela het hierna die Vrystaat as droogte-rampgebied verklaar omdat dit voortslepende negatiewe gevolge op die ekonomie en omgewing van die provinsie het.

Munisipaliteite was nie in staat om sakeplanne om hulp binne die tydsraamwerk in te dien soos wat deur wetgewing vereis word om ’n plaaslike stand van droogte deur munisipale rade af te laat kondig, en om vir geldelike bystand in aanmerking te kom nie.

Mangaung het R233 miljoen se hulp ontvang.

’n Volledige verslag van nasionale rampbestuur is ontvang vir die nie-befondsing van ’n toelae vir munisipaliteite in die Vrystaat.

Ntombela het op die sitting gesê die droogte-toestand in die Vrystaat is ernstig.

“Dit reën nie.”

Sy sê ’n meesterplan vir die hantering van die droogte en hulp wat vir munisipaliteite gebied kan word, word opgestel. Ons sal dit vir julle gee en almal inlig.”

Ntombela sê Mafube (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) is 100% van staatstoelae afhanklik omdat die munisipaliteit dit nie kan bekostig nie, al betaal almal ook hul munisipale rekeninge.

Masilonyana (Brandfort, Winburg en Theunissen) waar voortdurende wateronderbrekings voorkom, sal ook in die besonder, gehelp word.

Water is ’n skaars hulpbron en watersuiweringsaanlegte wat uitdagings het, sal herstel en opgeknap moet word.

“Aardverwarming het ’n groot impak op waterverbruik,” sê sy.

Die Vaalrivier-stelsel het in die stadium ’n negatiewe invloed op die nywerheidsontwikkeling in Gauteng en ook op die Noord-Kaap.

Jankielsohn sê die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), sal moet sê hoe hy munisipaliteite gaan bystaan om waterkrisisse te oorkom. “Talle klagte word ontvang van inwoners wat nie toegang tot veilige, betroubare water het nie. Waterskaarsheid sal behoorlik in die provinsie bestuur moet word.”

Hy sê die Kaapstad-metro het sy droogteramp-toestand met ’n behoorlike plan bestuur.

Nasionale ingryping is in die Vrystaat nodig.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Sisi Ntombela  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Droogte  |  Rampgebied  |  Droogtehulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.