Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Protesaksie kelder aflewering van water in Butterworth

Die aflewering van water na die droogtegeteisterde gebiede in en rondom Butterworth in die Oos-Kaap is weens voortslepende protesaksie tydelik opgeskort.

Die Amathole-distriksmunisipaliteit (ADM) het Dinsdagoggend gesê die situasie is onveranderd nadat hy Maandag dié besluit aangekondig het. Die aflewering sal eers hervat word nadat die situasie ontlont is.

Hoewel die bestuurders van die watertenkers nie aangeval is nie, is indirekte dreigemente gemaak en is die aanry van water as voorsorgmaatreël gestop, sê Nonceba Madikizela-Vuso, ADM-woordvoerder.

“Die enigste bron van water vir die gebied is boorgate wat die watertenkers vul, wat dan na die gemeenskappe gaan.”

Lae reënval in die gebied het daartoe gelei dat die Xilinxadam se watervlak onder die uitloopstelsel is en die beskikbare water nou deur ’n losstaande pypstelsel na die Kotana- en Ehlobo-gemeenskappe gevoer word, terwyl die Gcuwa Weir-dam ook nie genoeg water het nie.

Volgens onbevestigde gerugte gaan die protesaksies juis oor inwoners se ongelukkigheid oor die watertoevoer, maar Madikizela-Vuso sê die ADM het nog geen versoekskrif of ’n lys met eise ontvang wat dit staaf nie.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê niemand is in hegtenis geneem in die betogings nie. Hoewel geen betogings Dinsdagoggend voorgekom het nie, is die polisie steeds in die gebied.

Die ADM het Maandag in ’n verklaring gesê ’n vergadering met die betrokke rolspelers word vir later die dag beplan, maar Madikizela-Vuso het Dinsdagoggend gesê die vergadering het nog nie plaasgevind nie en hulle hoop dit kan later die middag gebeur.

“Ondanks die grondwetlike reg van die gemeenskap om aan protesaksies deel te neem, pleit die ADM by hulle om die distrik deur middel van die beskikbare kanale te nader, soos die Mnquma- tegniese taakspan gemoeid met watervoorsiening, wat uit al die belanghebbendes bestaan wat besig is om die Mnquma- plaaslike munisipaliteit se waterkrisis te hanteer.”

Meer oor:  Butterworth  |  Protesaksie  |  Water  |  Munisipaliteite  |  Betoging  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.