Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Publiek ‘mág water by Leeuwenhof gaan haal’
Lede van die Waterkrisiskoalisie betoog buite Helen Zille, Wes-Kaapse premier, se ampswoning. Foto: Jenni Evans/News24

Lede van die publiek is welkom om, onder die wakende oog van die polisie, hul bottels met water van die Wes-Kaapse premierswoning, Leeuwenhof, te vul.

Michael Mpofu, Helen Zille se woordvoerder, het Maandag egter in ’n verklaring gewaarsku dat die water uit ’n kraan by Leeuwenhof se veiligheidshek nie drinkbaar is nie.

Die Waterkrisiskoalisie (WCC) het Maandag buite Zille se ampswoning betoog. Dié organisasie beweer Zille se huishouding se water word gratis gesuiwer deur ’n filtrasiestelsel wat glo sowat R92 000 gekos het.

Hulle dring daarop aan dat die premier die oormaat water aan die publiek beskikbaar stel, soos sy verlede jaar in die parlement belowe het.

Die koalisie beweer dat die water van 70 natuurlike fonteine, soos die een by Leeuwenhof, in die see invloei en water so gemors word. Hulle dring daarop aan dat al die fonteine vir openbare gebruik oopgestel word.

Die koalisie sê ook Zille moet die “Dag Zero-propaganda” stopsit, want volgens hulle bestaan daar nie so iets soos “Dag Zero” nie. Hulle wil ook hê dat alle ontsoutingsaanlegte se ontwikkeling gestop word en dat watermeters nie by arm huishoudings geïnstalleer word nie. Volgens die WCC sal dit nie nodig wees om duur ontsoutingsaanlegte te laat bou as Kaapstad se fonteinwater beskikbaar gestel word nie.

Dit kom glo nadat die ANC se provinsiale sekretaris, Faiez Jacobs, ANC-lede aangehits het om water by die stroom te gaan haal wat deur Leeuwenhof vloei.

Mpofu sê in die verklaring die waterdruk van dié kraan is laag. Die stroom wat van die berg af kom en water in die kraan voer, is dikwels klein of droog in die somer.

Verlede jaar het die premier gevra dat die Kaapstad-metro hierdie water herlei na die Molteno-reservoir waar dit vir huishoudelike verbruik gesuiwer word.

Mpofu sê dié proses is nog aan die gang.

“Lede van die publiek is welkom om op ’n geordende manier hul bottels by die kraan te vul as daar genoeg waterdruk is.

Hy sê egter dat die water naby Leeuwenhof se ingang nie vergelyk kan word met die water wat uit Nuweland se fontein kom nie.

“Dit is besoedelde water wat nie gedrink kan word nie,” sê Mpofu.

Die water kan nie meer gesuiwer word nie omdat die suiweraarstelsel met slik verstop word weens die afname in waterdruk en toenemende slik.

Mpofu sê die polisie sal die bedrywighede by Leeuwenhof se kraan monitor.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Water  |  Dag Zero
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.