Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
R130 m. vir water in NMB bewillig

Te midde van die nypende watertekort in Nelson Mandelabaai, het die departement van water en sanitasie R129 miljoen vir die 2018/19 finansiële jaar bewillig om die Nooitgedacht-laevlakskema te voltooi.

Sputnik Ratau, woordvoerder, sê die departement het die bedrag vanaf R117 miljoen, wat oorspronklik bewillig is vir die voltooiing van die projek, tot R129 miljoen verhoog.

Athol Trollip, die voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai, het onlangs gal gebraak omdat fase drie van die Nooitgedacht-laevlakskema tot stilstand gekom het.

Die departement van water en sanitasie sê meer geld is bewillig om fase drie van die Nooitgedacht-laevlakskema te voltooi. Die projek is slegs ’n derde voltooid. Foto: Lynn Williams

Trollip het die nasionale regering gekritiseer omdat hulle nie die geld wat belowe is, oorbetaal het nie.

Volgens Ratau het die inwerkingstelling van die projek nie altyd volgens plan verloop nie, want die nasionale tesourie het die begrotings gesny weens die mededingende behoeftes van die land.

“Die departement is daarop toegespits om die projek te finaliseer. Ons is bewus daarvan dat die voltooiing van die projek noodsaaklik is in die lig van die droogte in Nelson Mandelabaai.

Die wateraanvulling na Nelson Mandelabaai is nog noodsaakliker omdat die metro in Julie water uit die Churchilldam – sy noodopgaardam – begin gebruik het.

Nog net ’n derde van die bouwerk aan fase drie van die Nooitgedacht-laevlakskema is voltooi.

Meer oor:  Droogte  |  Nelson Mandelabaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.