Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Reddersburg se inwoners al 2 weke sonder water

Inwoners van Reddersburg in die Vrystaat is al sowat twee weke sonder water nadat die Kopanong-munisipaliteit versuim het om sy waterrekening, wat miljoene rande beloop, te betaal.

Dít is vandag (Dinsdag) die 13de dag agtereenvolgens dat inwoners met leë krane sit. Dit kan ook die inwoners se voorland vir ’n onbepaalde tyd wees.

Volgens inligting skuld Kopanong byna R170 miljoen aan Bloemwater. Die munisipaliteit hou nie by sy afbetalingsooreenkoms met Bloemwater nie en daarom is die toevoerkrane aan Kopanong kleiner oopgedraai.

Dit is absoluut verskriklik om vir amper twee weke in ’n klein emmertjie water te was.

Lena Hagemann, ’n gastehuiseienaar en die voorsitter van die belastingbetalersvereniging op dié dorp, sê hulle sukkel sonder water en weet nie meer watter kant toe.

“Ons het reeds al die roetes gevolg. Ons was by die munisipaliteit, die nasionale regering, Bloemwater en het selfs by die Menseregtekommissie (MRK) gedraai – ons weet nie meer wat om te doen nie. Dit is hel sonder water.”

Volgens Hagemann is dit nie net ’n groot frustrasie vir inwoners en hul huishoudings nie, maar ook vir sakeondernemings.

“Ek moes net Maandag noodgedwonge ses kliënte wegwys omdat ons nie water het nie.”

Nog ’n inwoner, Maria O’Neal, sê sy kan nie meer so aangaan nie. “Dit is absoluut verskriklik om vir amper twee weke in ’n klein emmertjie water te was.”

Volgens Modise is daar geen plan in plek of geld om Bloemwater te betaal nie.

Volgens haar val die inwoners se klagtes op dowe ore en kry hulle geen hulp van die munisipaliteit nie.

Paul Prinsloo, ’n sakeman en inwoner, sê nie eens die munisipale bestuurder het ’n antwoord oor die waterkrisis nie.

Hy sê volgens Paulus Modise, die munisipale bestuurder, gaan die dorp nog vir ’n onbetaalde tyd sonder water wees.

“Volgens Modise is daar geen plan in plek of geld om Bloemwater te betaal nie.”

Solly Phama, woordvoerder van die Kopanong-munisipaliteit, het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Reddersburg  |  Agterstallige Skuld  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.