Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Droogte
Reën in Oos-Kaap bring skamele troos

Die reënval die afgelope week in en om die Nelson Mandelabaai-metro en in omliggende dorpe het skamele troos gebring vir dié droogtegeteisterde gebied.

Agri Oos-Kaap sê met die Kougadam wat verlede week slegs 3,89% vol was, moet onthou word dat die laaste 3,5% nie gebruik kan word nie, wat as “dooie water” bestempel word.

Byna al die sitrusboere in Patensie en die res van die Gamtoosdistrik (98% van die produsente) het reeds die limiet bereik vir water wat hulle uit die Kougadam mag kry en hulle moes reeds begin om ander waterbronne vir die sitrusboorde te gebruik.

Die damvlak van die Churchilldam, naby Kareedouw, Saterdagoggend. Foto: Garth Sampson/Weather Guru Facebook

Megan Maritz, waarnemende bestuurder van natuurlike hulpbronne en watersake by Agri Oos-Kaap, sê met die minimale water in die Kougadam is die beskikbare water vir landboudoeleindes vir Patensie en die Gamtoos met 80% gesny. Die departement van water en sanitasie moet egter nog die beperkings hersien vir die jaartydperk wat reeds op 1 Julie begin het en het besluit om voort te gaan met die vorige jaar se beperkings, wat die 80%-inkorting behels.

Maritz het verwys na die aankondiging verlede week dat die Wes-, Noord- en Oos-Kaap tot nasionale rampdroogtegebiede verklaar is, en gesê die afkondiging van ’n rampdroogte getuig van hoe erg die droogte is wat veral die westelike deel van die Oos-Kaap, soos die distrikte van Willowmore, Rietbron, Aberdeen, Steytlerville en Jansenville, teister. In die afgelope ses tot nege jaar is daar baie minder as die gemiddelde reënval gemeet en in dele was daar selfs geen reën nie. Daar is baie min veld oor en heelwat boere moes hul kuddes verminder.

Maritz het gesê die Oos-Kaapse regering kan, noudat die rampdroogte verklaar is, aansoek doen vir finansiële hulp sodat boere voer vir hul vee kan aankoop.

Geldelike hulp is dringend nodig met boere wat nou staatmaak op skenkings om die vee wat hulle oor het aan die lewe te hou.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Gqeberha is daar van Woensdag tot Vrydag 74,2 mm reën gemeet by die lughawe, by St. Albans 57,4 mm, op Kareedouw 55,6 mm, op Joubertina 39,4 mm, op Patensie 23,8 mm, by die Kougadam 21,5 mm en op Kariega (Uitenhage) 10,2 mm.

Meer oor:  Droogte  |  Kougadam  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.